Dis een ding om jou speelgoed uit die kot uit te gooi. Dit iets heel anders as jy besluit om dit met 'n hamer te vermorsel. Toe ons klein laaities was het ons 'n swetterjoel speelgoed karretjies gehad. Kleintjies, middelslag en groot karretjies. Maar laat ons volstaan met die feit dat daar genoeg was. Genoeg om twee woelige laaities vir ure lank besig te hou, saam met die plastiek weermagmannetjies, waarvan ons ook honderde gehad het. Die twee wat my tot vandag toe nog byval is my Tonka padskraper - daai ding was so sterk dat ek bo-op sy kajuit se dak gesit en hom gery het soos 'n stootfiets. En daar was 'n lekker groot VW Beetle. Die res was, wel, karretjies. So kuier Ouma Sannie by ons uit Namakwaland uit. Sy sit en hekel heeldag op haar bed in die lekker sonnetjie, en ons is in en uit by haar om goed met haar te deel. Sy het ons 'n liedjie geleer wat ek vandag nog loop en sing. "Gat jy more dorp toe, Sien jy 'n kameelperd. Kolletjies op sy voork...
Comments