Dag 98 van die grendelstaat
My Ouma Sannie het my die geheim van kookkos eet aangeleer. Ek meen, ons verstaan almal wat so 'n maaltyd voorafgaan. Die Sondag maaltyd word al 'n week voor die tyd haarfyn beplan. Verskeie winkel ekspedisies volg om seker te maak jy kry al die produkte wat jy benodig, en genoeg daarvan. Elke aankopie word haarfyn bestudeer Jy kook jou gat af aan al daai lekker goed - soetpatats, ertjie, boontjies, rys, skaapboud, wortels, aartappels, pampoen, brokkoli, sampioene en sommer skorsies indien enige iemand nog honger kan wees na al dit. Dit neem tyd en moeite. En moer baie skottelgoed. As jy daai skaapboud uit die oond uit haal val hy soos sneeuvlokkies van 'n vurk af so sag en sappig is hy. Geseënd is die skapie wat sy boud geskenk het vir ons om ons binneste te voed. Die tafel word perfek gedek, kompleet met jou beste tafeldoek en enigste eetservies. Die beste vlekvrye staal eetgerei word gepoleer en millimeter perfek uitgepak. Bewaar die uitpakker se siel as een van ...