Dag 75 van die grendelstaat
Suid Afrika se kaalbaskoning is oorlede. Beau Brummel het in 1981 die heel eerste nudiste oord in die land oopgemaak. Nou kyk, die manne wat in daardie tyd in beheer was, het ernstig neergekyk op kaal enige iets. Selfs 'n bekende tydskrif van daardie tyd moes sterretjies op strategiese heuwels plaas. Amper soos 'n militêre oefening - hulle wil ook altyd die strategiese heuwels beset en hulle eie sterretjies daarop plaas. So Beau het 'n opdraande stryd gevoer. Mens mag tereg sê dat dit 'n besigheid was wat groot knaters geverg het. Hy het selfs een slag poedelnakend op televisie verskyn. Verslaggewer "Dames en here, ons voer vanaand 'n onderhoud met Beau Brummel van die berugte Beau Valley nudiste oord.... uh, hallo meneer Brum... ooooh! Meneer! Klere, waar is jou klere?" Beau " Hallo! Ek is Beau en dis my staf." Verslaggewer "Staf???" Waar is hulle? Dis dan net jy.... aaaaaaaaah!!" Beau "He he he he he" M...