Posts

Showing posts from April 26, 2020

Dag 35 van die Grendelstaat

Blue Angels en Thunderbirds vlieg oor New York om hulde te bring aan Covid-19 nooddienswerkers. Die Amerikaanse Lugmag se Thunderbirds en die Vloot se Blue Angels kunsvlieg demonstrasiespanne het Dinsdag duisende New Yorkers uit hulle huise gelok toe hulle verbyvlugte oor onder andere New York gedoen het as huldeblyk. In die proses het die sosiale afstandbeheer totaal sy gat gesien soos wat toeskouers gespook het vir die beste staanplekke maar volgens berigte het die vlieëniers gelukkig seker gemaak hulle hou daarby. Die betrokke vliegtuigvlerke was te alle tye verder as 2 meter weg van mekaar, het die Amerikaanse Verdedigings Hoofkwartier verduidelik. Dis gerusstellend. Donald Trump het op Twitter bevestig dat dit die heel beste, inderdaad die mees fantastiese vliegdemonstrasie van alle tye was. By verre. In Suid Afrika het die Minister van Koöperatiewe en Tradisionele Regeringsake aangekondig dat Suid Afrika se regering beplan om iets soortgelyks aan te pak. In lig hiervan...

Dag 34 van die Grendelstaat

Gee vir hulle vibrators. Aldus die minister. Maar as jy klaar vanself bewe sal hulle jou los om jou eie ventilator vas te hou. Dis nou regtig die verskil tussen kom en gaan. Mens wonder of die vibreerventilators ook in allerlei kleure beskikbaar gaan wees net om die okkasie op te helder. Winter is vinnig besig om die sosiale afstand beperkings te verbreek. Vir my beteken dit kouer water om in te swem terwyl ander in warm jassies rondloop en vir my kyk of ek mal is. Wat dalk nie onvanpas is nie – die hele Corona ding is beslis besig om hard te probeer om my gek te maak. In die Vrystaat wys hooggeplaaste amptenare hoe goed hulle sosiale afstand verstaan deur ‘n hele reeks mense te kry wat almal bymekaar staan met geen virusveilige afstande nie net sodat 20 mense ‘n boodskap kan lewer wat perfek deur een kon afgelewer word. Business as usual. Suid Afrikaners is kwaad - meestal vir mekaar. Al lag ons oor vibrator ventileerders. Wat dan sekerlik beteken ons is weer terug na norm...

Dag 33 van die Grendelstaat

Wie het ooit kon reken ons sal Vryheidsdag vier vanuit ons eie tronke? Dis sekerlik gepas is om dit eerder te herdoop na Ironiedag toe. Hoe dit ookal sy moes ek noodgedwonge op Ironiedag ‘n tog aanpak Dischem toe om die ry daar aan te durf. Die apteke was toe en sekere "kondisies" is nie polities korrek genoeg om te wag vir Vlak donnerse 1 nie. Dit brand te veel. Veral as mens sit. Die naaste apteek was egter toe en ek is toe maar noodgedwonge vort Dischem toe. Ek wou juis nie soontoe nie want die Corona rye is te lank daar. Die brandende begeerte om te doen wat dringend gedoen moet word vier egter hoogty en so eindig ek in die ry op, doer agter êrens. Die deure is net neffens die horison. Dis regtig ‘n lang ry en ek brand om voor te kom. Letterlik. Ons staan almal beteuterd met ons maskers en wag vir ons beurt. Niemand praat of kyk rond nie. Mense staar of stip voor hulle of op die grond. Ek het in al my jare nooit besef hoe interessant die stukkie aarde by jou vo...

Dag 32 van die Grendelstaat

Die krygsgevangenekamp is stil. Al wat duidelik hoorbaar is, is die geblaf van die patrolliehonde wat die grensheinings patrolleer. Op die grondvierkant voor die kampkommandant se kantoor is ‘n droewige prentjie besig om af te speel. Teen een van die pale waar die gereelde teregstellings plaasvind hang ‘n gevangene, half bewusteloos geskop, vasgemaak. Wagtend op sy lot. Bloed stroom uit talle oop wonde oor sy liggaam. Die kampkommandant staar deur die venster na die toneel en drink rustig sy oggendtee klaar. Daarna trek hy sy onberispelike uniform reg en sit sy pet op. Hy loer vinnig na homself in die spieël langs die kantoordeur. Duidelik tevrede grinnik hy vir sy spieëlbeeld en stap dan buitentoe, reguit op die gevangene af. Hy loop staan direk voor die arme kêrel en bekyk hom langsaam op en af, en trek los en skop die hulpelose gevangene so hard tussen die bene dat die man nie eers tyd het om te gil voor hy bewusteloos raak van die pyn nie. Suid Afrika se ekonomie was reeds...