Dag een en fokken vyftig van die grendelstaat.
Gister toe ek by Chamberlains instap, is ek vir die eerste keer gekonfronteer met 'n moermeter. Dis nie regtig 'n moermeter nie, dis eintlik 'n eksterne termometer wat effe lyk na 'n laserpistool in James Bond se Moonraker destyds. Die gesamentlike aksie van druk die ding teen jou voorkop deur 'n gemaskerde wag is genoeg om jou hartkloppings te gee. As die ding boonop jou temperatuur te hoog of te laag meet, soos byvoorbeeld wanneer jy ongelukkig genoeg sou wees om agter 'n oulike meisie in die ry te staan terwyl julle wag om ingelaat te word, dan word jy toegang geweier. En as jy regtig ongelukkig is, gaan sirenes en flikkerende rooi ligte af en gemaskerde beamptes bestorm jou om jou na 'n plek van veilige bewaring te neem. En dit gaan beslis jou moer meetbaar koer. Toe die gemaskerde dametjie die ding so in my rigting uitsteek het ek terstonds gevries en my hande in die lug gesteek en hard geskree "Vat net my beursie en laat my gaan assebli...