Posts

Showing posts from April 19, 2020

Dag 31 van die grendelstaat

Is Kim Jong Un regtig oorlede? Dit is die vraag op almal se lippe. Maar Noord Korea is stiller as ‘n dronk man wat 3 uur die volgende oggend in sy huis probeer insluip sonder om vir Mamma wakker te maak. Ons sal weldra uitvind of hulle meer suksesvol is. Hierdie scenario kom uiteraard uit ‘n era voor ons inkerkering begin het. Die dronk mense is al die afgelope 5 weke heeltyd by die huis en die wat teen die tyd nogsteeds drank oor het hou dit maar betreklik stil - netnou dink ons hulle was paniekkopers. Om doodeerlik te wees is die vraag oor Kim Jong Un meer op die res van die wêreld se lippe – in Suid Afrika stry ons eers klaar oor die president, sy masker, wie mag werk volgende week en wie nie, of Trump wil hê almal moet skoonmaakmiddels drink en die Corona uitskeit, en of Karen alweer die polisie gebel het. Dit raak al hoe lekkerder. Niemand weet dus werklik nie, maar die internet gons so hard dat ‘n swerm bye klink asof hulle in ‘n silent movie speel. Gelukkig mag ons a...

Dag 30 van die Grendelstaat

Nongqawuse: “Ek het ‘n visioen gesien by die helder poele water van die Gxararivier.” “Wat het jy gesien kind?” vra die hoofman vir haar. “Vertel vir my die hele storie.” “Ek het gesien dat die dooies sal opstaan, dat al die beeste moet doodgemaak word, dat al die oeste op die lande verwoes moet word. Ek het gesien dat die son op ‘n sekere dag bloedrooi sal verrys, en dat al die beeste en oeste dan herstel sal word, en dat die voorvaders en krygers dan sal opstaan uit die dood en help om die Britte te verdryf” fluister Nongqawuse saggies aan die ou grysaard. Dit was die aanloop tot ‘n lydingstydperk op amper ongekende skaal vir die Xhosa nasie in 1856/7. Die uiteinde was dat daar uiteindelik tussen 200 000 en 300 000 stuks vee vernietig is. Dit het ‘n aanloop gehad, nie almal het in die profesie ingekoop nie maar stelselmatig het meer en meer mense ingekoop en dieselfde met hulle vee begin doen. Die uiteinde van hierdie aksie was ‘n hongersnood op 'n kataklismiese skaal wa...

Dag 29 van die grendelstaat

Die aarde se diere geniet die tydperk terdeë. Oral hoor en sien ons berigte van wilde diere wat as 'n norm mense sover as moontlik vermy (met goeie rede) wat dorpe en stede binnevaar. Coyotes in Chicago en San Francisco se middestede. Pumas in Santiago. Boerbokke in Llandudno in Wallis. Troppe ape in Indië wat huise binnegaan en yskaste plunder. Op strande in verskeie plekke kon seeskilpaaie vir die eerste keer in dekades eiers lê sonder om gesteur te word. Kangeroes spring rond in stede in Australië. Dolfyne en seevoëls swem in die kanale in Venesië. In Tel Aviv het 'n trop jakkalse hulleself tuisgemaak in 'n lokale park in die stad. In ons eie Kruger Wildtuin het leeus en troppe diere begin werk aan hulle voorgee op die Skukuza golfbaan. In die Ooste van Pretoria het 'n reuse koedoebul doodluiters in iemand se tuin gemaklik geraak. In Parys, die een met die Eifel toring, het eendfamilies rustig in die stil strate rondgewaggel tot groot vermaak van die ingeke...

Dag 28 van die grendelstaat

Die hofsaal is stampvol gepak. Die atmosfeer is somber. Gedemp. In die beskuldigde bank sit die Landsvlag gedweë tussen 'n spul gewapende polisiemanne, sy oë op die grond, soekend na iets. Hunkerend na sy vryheid. Hoopvol vir genade deur die hoofregter. Sy lyftaal wys duidelik dat hy moeg is. Voos, siek van bekommernis, vraend oor wat hy gedoen het om hierdie lot te verdien. Die polisiebeamptes hou hom so stewig aan al vier sy hoeke vas dat hulle kneukels wit wys teen die blou agtergrond van hulle uniforms. By al die deure staan weermaglede op hulle pos, gereed om enige een wat sonder toestemming die hofsaal wil verlaat met mag en mening terug te boender. Julle sal hier sit tot die regter sê julle mag maar loop, is die duidelike boodskap. In die verte is 'n gerammel vaagweg hoorbaar. Dis glo versterkings wat op pad is indien die mense wat die hof vandag bywoon nie tevrede is met die regter se uitspraak nie. Die hofsaal gons soos wat almal wat die verrigting...

Dag 27 van die grendelstaat

Ons paroolvehoor gisteraand was toe 'n nat kombers. Ons het verniet geskeer, tande geborsel en mooi aangetrek. Ons hoor nou glo eers more-aand wat ons verdere lot is. Gaan ons bevry word of gaan die medoeënlose inkerkering voort. Intussen wil dit voorkom of die President die hele weermag gaan oproep. Oor die sewentigduisend lede. Ek is een van diegene wat dit as kommerwekkend ervaar, vir 'n magdom redes. Ons hoop egter dit gaan net vir 'n moerse parade wees om ons vryheid te vier... Dis 'n bitter lydingsbeker om met alles in jou te veg, elke dag van voor af, as jou inkomstestrome opgedroog het soos riviere in droogteseisoen en jy moet poog om kalm en rustig te bly en jou kop omhoog te hou en positief te bly. Vir ons eie redding egter het ons min keuses - of jy veg of jy gee heeltemal boedel oor. Die sinvolle keuse is voor die hand liggend. Darem nie alles aan hierdie proses is noodwendig sleg nie. Mense wat al jare so besig is dat hulle eie kinders en lewensmaa...

Dag 26 van die Grendelstaat

Stoffel het ‘n rot gevang. Gisteraand. As ons nou tegnies moet raak het Stoffel half 2 vanoggend ‘n verdomde rot gevang. Dit was ‘n moerse rot. Darem nie daai een wat sy eie Michelen Ster restaurant in Parys, Frankryk oopgemaak het net omdat hy so oulik was nie. Stoffel is my Pa se brak. Ons noem hom nie ‘n hond nie want hy beskik oor ‘n baie deurmekaar bredie brakbloed, met ‘n oormaat terriër. Ons vermoed ook sterk dat sy ma êrens ‘n ding met ‘n otter aangehad het want hy swem soos een. Hy is Oupa Piet se skaduwee en hy is oortuig hy is eintlik ‘n leeu, al is hy nie veel groter as die gewese rot nie. En hy is bedonnerd, ons is baie dankbaar hy is nie regtig ‘n leeu nie. As ons in die woonstel instap begin hy al vir ons grom want ons is in sy gebied. Jy kom nie naby sy mens sonder sy toestemming nie. As my Pa in sy bakkie klim om êrens heen te gaan kom sit hy darem by een van ons om vertroosting te soek, maar op sy terme. Hy kyk jou met sulke jammer ogies tot jy hom optel, n...

Dag 25 van die grendelstaat

Daar is 440 vuurhoutjies in 'n vol pakkie met 10 boksies. Moenie eers vra hoe de moer ek dit weet nie. Aanvaar dit net. Dis een van daai dae. Mens kan die gatvolgeit aanvoel, dit hang soos 'n swaar wolkombers oor alles. Die huis, die straat, die buurt, die hele land. Dit maak jou teneergedruk en laat jou verlang na alles en almal. As mens egter kla word jy vinnig tereggewys deur wyshere en 'n Karin of twee dat ons niks het om oor te kla nie, daar is mense wat nie kos het nie en moet stap vir vars water en ons moet hierdie tyd gebruik om onsself te verbeter en wel, basies is enige iemand wat kla een of ander lamsak met 'n vol maag en 'n leë bankrekening. Of iets. Daar is tye wat jy vir diesulkes net die betekenis van die Koue Skouer moet tentoonstel. Mens het nie sulke negatiwiteit in jou lewe nodig nie. Want meeste van ons wis dit wel, dis net jy wat dink ons is benede jou intellek om sulke verbysterende waarhede te ontbloot en in te neem. En hier is...

Dag 24 van die grendelstaat

Vat jou pie en waai. Ek grap net! As jy jou pie vat en waai sal Karen die polisie bel lank voordat Hugo nog die nommer opgesoek het. Jou handjie sal net 'n vinnige verslae waai kan gee terwyl die vangwa se deur in jou beteuterde gesig toeklap. Daai pie gaan nou heelwat meer as net jou maag omkrap. Beter en vat maar eerder die rotisserie hoender. Ha ha! Skuus! Ek moes net! Ek het eintlik bedoel jy mag net vir die hoenders kyk terwyl jy vir jou bietjie slaai op 'n sny kamertemperatuur brood pak. Dis 'n nuwe Covid resep vir 'n toebroodjie wat hulle Die Cele noem. Dan sluk jy dit af met n glas verfrissende skelm tuisgebroude pynappelbier en, as jy meer gesofistikeerd is, gemmerbier. In ons onlangse verlede het konjak drinkers hulleself as gesofistikeerd beskou en neergekyk op diegene wat hulle goedkoop brandewyn met Dieët Coke geniet het. Nou kyk onwettige gemmerbier stokers neer op onwettige pynappelbier stokers. Terwyl alles verander bly soveel steeds d...