Posts

Showing posts from June 21, 2020

Dag 87 van die grendelstaat

Image
Ons is steeds in die Wildtuin. Maar ek slaap nie lekker nie. Ek het besluit om gevorderde denke toe te pas en 'n opblaasmatras saam te vat op die kampeerdery saam met Dawie hulle. Die eerste paar nagte het ek inderdaad lekker geslaap. Maar een goeie oggend word ek wakker en die wêreld is skeef. Dit het 'n tydjie gevat om te verstaan dat dit nie 'n aardbewing was nie maar dat my matras gedeeltelik afgeblaas het. Wat uiteraard 'n probleem was, want jy hoef nie uitermatig geseënd te wees met breinselle om te verstaan dat grondslaap sy nadele het nie. Eers het ek probeer om dit met improvisasie te omseil deur die matras in die helfte te vou sodat die pap deel onder was. Kyk dit werk mos vir motors se wiele. Die pap deel is onder en die res bo. En ek sit toe boonop al my komberse onder die matras neer vir ekstra veerkragtigheid. Toe eindig ek op met so 'n smal bedjie dat ek afneuk elke keer as ek omdraai plus ek kry koud want my komberse is nou onder my bed in plaas van ...

Dag 86 van die grendelstaat

Image
Die wêreld raak net gekker, so ek gaan julle eerder 'n wildtuinstorie vertel. Die Wildtuin fassineer en bekoor my. Ek het 'n diepgesetelde liefde vir hierdie plek. So 'n stuk of 12 jaar terug sit ek en 'n goeie vriend en die se vrou af Letaba toe om vir twee weke te gaan kamp. Dit is altyd vir my 'n fantastiese gevoel as ek by die hekke inry. Ek sit radio's af, selfone af, en ek voel sommer hoe ek behaaglik asemhaal en ontspan. Dit gebeur toe ook so, maar die gevoel hou net tot ons by Letaba begin tente opslaan. Dawie hulle het 'n groot tent. Die ding lyk of daar in 'n vorige lewe troues in hom gehou was. Vreeslik oulik as hy eers staan maar om tot daar te kom verg deursettingsvermoë en sweet. Het jy al probeer tentpenne inkap in meeste Wildtuin kampe? Broer, die grond daar is ingery van 'n sementfabriek af, daarvan is ek oortuig. As jy penne in jou huis se ryvlak probeer inkap gaan dit straks makliker gaan. Ons kap penne dat die goed lyk ...

Dag 85 van die onweerstaat

Na so lank vergeet ek wat ek dit genoem het. Julle ken daai ou Chopper fietse van die 70's en ek dink die 80's - die met die groot agterwiel, klein ou voorwieletjie en daai regopstaan handvatsels soos iets wat graag 'n Harley wil wees? Nou kyk, as 'n laaitie het ek baie met fietse geval. Van ligies neerkom tot myself des moers val dat jy net velle sien trek. Maar daar was drie keer wat ek geval het dat ek sommer vir baie lank agterna gedink het die lewe is darem wragtag onregverdig om 'n man so te verfongfaai. Die een keer was toe ek een goeie Sondagmiddag my tussenin fiets geklim het en in die hoërskool reg oorkant ons huis se grond loop rondspeel het. Ek het hom Tussenin genoem - groot woord vir 'n jong laaitie maar ek en woorde kom nog altyd goed oor die weg - omdat dit moeilik was om te bepaal of dit 'n dikwiel of 'n resiesfiets was. Sy wiele was dikker 'n 'n resiesfiets, maar dunner 'n die tipiese dikwielfietse s'n. Hy het ...

Dag 84 van die grendelstaat

Gister tydens Vadersdag se braai kom die gesprek uit by my oorlede Ma. Sy is al oorlede in Desember 2012. My ma was 'n goeie siel. Ek en sy het maar baie koppe gestamp, bloot net omdat ek so verdomp hardegat kan raak, en stroomop soos 'n Psalm wat wil loop eiers lê. O dis seker 'n salm. Hoe dit ookal sy, Ouma Coetzee het altyd geglo ek vrek van die koue. Dis dalk 'n bedekte seën, soveel as wat ek haar mis en net graag nog een keer 'n bietjie met haar sou wou gesels, dat sy nie hier is vandat ek die hele kouewater swem ding aangepak het nie. Haar senuwees sou dit nooit gehou het nie! Ek sou waarskynlik 'n horde oproepe per dag ontvang het om te hoor of ek nog gesond is. As sy hier was sou my bedkassie toe gestaan het van hoesstrope en vitamines en allerlei goed wat sy sou bly aandra het. Waarskynlik 'n paar truie ook! Net vir wanneer die koue my aantas. Vir omlat. En as sy my in die ysige water moes sien! O wee! Oupa Piet sou haar waarskynlik in di...

Dag 83 van die grendelstaat

Hier volg 'n winterstorie. En iets oor 'n botteltjie komberse. Grotendeels omdat dit winter is. Die winter van 2020 is net soveel kouer as enige winter in mensegeheuenis. Nog nooit, ongeag die temperatuur, het winter so diep in die mensdom se siel ingesny soos Covid Winter nie. Maar hierdie was 'n winter voor Covid, en gewoon net moer koud. Old Brown Sherrie koud. So eindig ons op op 'n godsverlate vlakte, half 3 in die oggend. Twee bakkies. 4 jong manne. Een hele kas OBS. Met 'n Wes Transvaal winterswind wat in jou neusgate inswenk en jou sinusse van binne af begin vries. Wat natuurlik veroorsaak dat jy jou mond oopmaak vir addisionele asem, en dit is eintlik waarvoor die winterwindjie wag. Want dan loei hy in jou bek in en vries die stopsels in jou gebit, en dan neuk hy speels in jou keel af, laat ys jou kleintongetjie en loop lê in jou longe. Het jy al probeer asemhaal met twee blokke ys wat voorgee hulle is longe? Dis seer. Ons poog springhase skiet. Ma...