Dag 70 van die gendelstaat
Kreef pastrami, Simba Chips Soufflè en kolgans kolwyntjies. Dis wat gebeur as jy aanbied om my te leer kook en ek vertel jou van my unieke resepte wat jou horisonne gaan laat verstar soos 'n haas in die kollig. Want verbreed die gaan dit nie. Maar pret né, die gaan ons verseker hê wanneer die storie verby is en die res van ons gewone sterflinge mag weer saamkuier in plaas van net betogers in Amerika. Die goewerment gaan appèl aanteken. Groot verassing. Hulle teken so gereeld appèl aan dat mens begin vermoed hulle is in die tertbedryf. Appèlterte met 'n effe korrupsie nasmaak. Heerlik as jy swak resepte waardeer. Die antie eerste minister heerser oor vele en rookbevegter van formaat reken glo hulle moet bly met die rookverbod al seg die hof ook wat. Karl Marx sou trots gewees het. Rokers is teen die tyd of nie-rokers, of heeltemal platsak, of so gewoond aan perdedrolle en rooibostee zolle dat die groot sigaretmaatskappye se dae waarskynlik permanent getel is. Sy wen en ...