Posts

Showing posts from July 12, 2020

Dag 104 van die grendelstaat

Image
Die Formule Een wedren met die kinkel in die kabel. Ek is gek oor motorsport. As 'n ding wiele het en jaag wil ek loop kyk. Of dit nou op grond, sand of teer is. Bo-aan hierdie lys is Formule Een en Dakar. Beide volg ek al so lank as wat ek maar kan onthou. Destyds het SA ook nog die bekende toermotor reeks aangebied met Giniel en Terry en Sean en Deon en Chris Aberdein en natuurlik Sarel. Ek het selfs so ver gegaan om sekuriteit by Kyalami te loop doen vir ekstra geld - en om tussenin die karre te wees. Meer later daaroor, Die laaste Formule Een wedren wat ek in lewende lywe gaan kyk het was hoeka op Kyalami in 1993. Ek en my neef Anton, ook 'n groot motorsport man. Dit was 'n groot storie gewees. Jy kon glad nie naby die plek parkeer nie, so daar was oop velde oral ge-allokeer vir parkering en dan is almal met munisipale busse ingery baan toe. Ons het op die pawiljoene by die Crowthorne draai gesit, en glo my, die hele Kyalami was gepak soos sardientjies. Die m...

Dag 103 van die sosialistiese staat van grendel.

Image
Dra jou masker of gaan tronk toe. So spreek die agbare ministers van die regering van hulle vroom televisie platforms af na hulle landsburgers. Dieselfde burgers vir wie hulle vir 26 jaar lank al oor en oor bewys presies hoeveel minagting hulle voor het, en presies hoe min hulle gepla is oor dieselfde burgers se wel en weë. Dieselfde minsters wat al jare dien in 'n regering wat van die kop af gevrot is tot binne in sy murg in. Die regering met die verotte siel. Die regering wat slegs een missie in die lewe het - om hulleself te alle koste te bly verryk en die hele sisteem te gebruik om hulle gatte uit die tronk te hou. Dis dieselfde ministers wat skielik so begaan is oor ons heil, oor ons gesondheid, oor ons drink- en rookgewoontes, dat hulle hele industrieë op hulle knieë dwing in hulle ydele koorsagtigheid om tog net te lyk of hulle omgee. Soveel so dat 'n regering sy burgers nie net aktief blameer vir die situasie as gevolg van hulle suipgewoontes nie, maar uit hull...

Dag 102 van die grendelstaat

Image
Toe ek 'n baie jong laaitie was het ek per ongeluk in 'n gansdam geval. Dit was in Namakwaland. Daai wêreld is Oupa Piet se geboorteplek, doer in Skaaprivier se omgewing. So loop kuier ons toe daar vir 'n paar weke en geniet onsself gate uit. Die dag wat ons moet begin huiswaarts keer, loop groet ek eers ewe windgat die ganse by hulle dam op die werf. Dis 'n ge-arms swaai en voor op die wa wees want almal staan en kyk en 'n man moet mos 'n indruk maak. Die een gans mannetjie het my egter in 'n lokval gelei en hy storm my van agter af met 'n vreeslike geraas. Ek draai om sodat ek hierdie gevaar manmoedig kan probeer trotseer - julle weet dis baie moeilik vir 'n klein laaitjie om 'n aanstormende kwaai gans in die oë te kyk as jou agterent sulke happe uit jou broek uit vat van benoudgeit. Maar ek probeer immers. En slaag nie. Soos die gans met my dans retireer ek om uit sy pad te kom, maar die blikskottel hou nie op nie. My vermoede is da...

Dag 101 van die grendelstaat

Soos kindertjies wat getugtig word deur ouers wat jou nie lief het nie. Dis hoe dit voel elke keer as 'n verfokte, korrupte, magsbehepte, liegende spul politici ons Covid toutjies trek en wipplank speel met ons emosies en inkomste. Lank reeds word gedreig met die wegneem van drank nadat dit weer toegelaat is. Gedra julle of ons vat julle X boksies weg hoor. Ons weet wat ons doen, julle aan die anderkant, is dom en het ons nodig om julle te lei. Dis dieselfde lot politici wat oor net meer as 'n kwarteeu hoeveel honderde biljoene gesteel het. Dis dieselfde politici wat eersdaags julle pensioene gaan begin stroop om nog grandiose, ondeurdagte planne wat opgedis word as hulle volgende groot oorwinning, te finansier. Dis dieselfde politici wat hierdie pandemie gebruik om volstoom voort te gaan om meer biljoene te laat verdwyn. Hulle trek ons toutjies soos hulpelose marionette. Kyk hoe red ons julle van die virus. Deur julle te keer om drank te koop. Deur julle te keer om ...

Dag 100 van die watsenaam.

Image
Van  Die dinges. Kakspul. Grendelstaat. Dit. In die Wes Rand bestorm 'n horde swaar gewapende mense 'n kerk, skiet 5 mense en neem ander gyselaar. Blykbaar 'n geskilletjie tussen gemeentelede. Corona tas beslis mense se breins aan. Kon julle nie eerder net bidgroepies gestig het nie? In Amerika wil lede van die kansellasie kultuur alle standbeelde wat hulle ontstig omruk en vervang met standeelde van Nicki Minaj. En ek sit hier sonder drank. Fok. In die Oos Kaap was daar motorfietse met sytente, nes karavane maar kleiner. Glo om Corona pasiënte in afgeleë areas te kon optel en uit te ry tot waar ambulanse hulle kon oorneem en hospitaal toe vat. Ek het nog altyd vrae gehad. As jy siek genoeg is om te moet hospitaal toe, hoe oorleef jy 'n rit in 'n mobiele tweewieltentjie op slegte grondpaaie in die boendoes met 'n ou wat die ding ry wat waarskynlik in die week 'n minibus taxi bestuur? Waar gaan hulle 'n ambulans kry wat werk? Watter sta...

Dag 99 van die grendelstaat

Image
Uit. Ek wil uit en in die bos in my houthut loop afpak langs die pragtige meer en net na die voëls en wolwe luister. Ek wil net afskakel van al die chaos en kanselleer kultuur en galbrakery en grafgrouery en afknouery en vrees. My siel smag na vrede en rus en hernuwing. Ek wil die kilometers lange vervalle grondpad ry met my tweedehandse 4 x 4, gepak met proviand, visstokke, my slaapsak, my verkyker en kamera, genoeg koffie en 'n paar bottels enkelmout whisky. En my gunsteling kampstoel. Ek wil voel hoe die woud my omsingel en die waarneem hoe die geraas van die beskawing stelselmatig verdwyn. Die grondpad kronkel stamperig al dieper en dieper die woud in, teen berge op en in dale anderkant weer af. Uiteindelik sien ek die meer waarna ek smagtend op soek was vandat ek van die hoofpad afgedraai het glinster doer onder in die vallei in die laatmiddag son. Ek is kilometers ver weg van alles en almal hier, en die laaste selfoonopvangs was neffens die laaste dorp waar ek gest...