Posts

Showing posts from May 17, 2020

Dag 58 van die grendelstaat

Hierdie ding moet nou einde kry - besef julle hoe vervelig raak dit om lnstagram modelle die heeltyd voor hulle onopgemaakte beddens te sien poseer?! Covid-19 is nie hierdie wêreld se eerste dodelike pandemie nie. Inteendeel. Maar wat dit wel is, is die heel eerste ten volle sosiale media pandemie. Vir die eerste keer ooit word ons dag in, dag uit, 24 uur per dag, maande reeds gebombardeer met woorde, voorspellings, syfers, tragedie, letterlik einde van die wêreld tipe sketse. Die nuus is permanent gevul met 'n nimmereindigende stroom pratende koppe wat verdere onheil uitbraak, en nog pratende koppe wat weer die onheil as nonsens afmaak. En niemand, letterlik niemand, weet werklik wat aangaan nie. Inteendeel, soos tyd aanstap raak ons net meer kwaad, meer swartgallig, meer ongelukkig, meer venynig teenoor mekaar, meer ontmoedig, meer depressief. En steeds hou die bombardement inligting nie op nie. Jy kan nie wegkom daarvan nie Dit het aanleiding gegee tot ongehoorde, onden...

Dag 57 van die grendelstaat

Sy is die gevriesde botter vir ons varsgebakte brood; Sy is die kasterolie vir ons nood; Sy is die kraaines in ons katrolle; Sy is die turksvy in ons holle; Sy is die vyfde wiel aan ons wa... Sy is die berugte Mevrou Dlamini-Zuma. Hande op vir die wenner van die ongewildste Gauleiter ooit. Skuus ek bedoel natuurlik minister. Ons weet die minister van hoedens gaan goeie kompetisie wees. En die minster van warm hoender gaan hom besig hou want hy wil vreeslik graag die kompetisie wen. Maar beide hierdie twee potensiële kampioene sal moet uithaal en wys om by die minister van zol uit te kom. Sy is die Bolt van hierdie 100 meter finaal. Na vandag se bekendmaking van haar argument dat wettige sigarette en drank eers in fase 1 van die inkerkering beskikbaar moet wees, is sy beslis die voorloper in hierdie resies. Gelukkig is dit Vrydag! Naweek! Fantasties! Behalwe dat dit presies net soos enige ander dag van die week voel. So daar is dit. En gelukkig is die polieste besig ...

Dag 56 van die grendelstaat

Moeilik om te glo Januarie 2020 was slegs sewe jaar gelede. Die ademlose gewag vir die ekonomie om oop te maak herinner sterk aan die bene kruis toneel van Sharon Stone in Basic lnstinct in 1992 as jy die fliek vir die 20e keer weer kyk. Net om seker te maak jy mis niks nie. Want jy is 'n deeglike mens. Reg? Reg! Jy sit later op die punt van jou stoel en bewe so dat jy pynappelbier op die kat mors en die kat skrik so groot dat hy 'n haarbol op jou nuwe gehekelde pantoffels uitkots en sodra dit uiteindelik by daardie historiese toneel kom en sy begin haar bene kruis en jy weet wat volgende gebeur en jou bolip begin sweet en jy raak skoon kortasem en haar been lig op en beweeg en beweeg en o liewe ouers enige sekonde nou jy vergeet heeltemal om jou pynappelbier te drink hier is dit staan by manne daaaaaaaar is diiiiiii..... en Eskom beurtkrag jou. Fok. In Tula, ongeveer 200 kilometer Suid van Moskou het 'n verpleegster in 'n saal vir Corona pasiënte haar deursky...

Dag 55 van die grendelstaat

Ek weet eintlik nie of dit is nie. Ek hou nie meer by nie so ek raai eintlik en hoop vir die beste. Kom ons aanvaar goedsmoeds dit is inderdaad dag 55. Die Romeinse ryk van desjare, lank voor SA politici glad nie op televisie gepoep het nie, het 'n reeks baie wyse mense opgelewer. Hulle was nie noodwendig altyd vreeslik aangenaam nie, veral as jy sou navraag doen onder die ander stamme wat slaags geraak het met hulle, maar hulle het nogal 'n manier gehad om dinge in perspektief te stel. Een van hulle was Marcus Aurelius. Hy het 'n goeie een kwytgeraak. Nee, nie 'n windjie nie... "The object of life is not to side with the majority, but rather the object of life is to escape finding oneself joy in the ranks of the clinically insane." Dit is vir my so toepaslik in hierdie tyd. Dalk selfs meer as normaalweg. Want die hoofstroom is mos altyd reg. Aldus hulle oortuigings is hulle in elk geval. Maar die feit van die saak is dit - die hoofstroom is nie a...

Covid Chronicles

South African politicians are nothing if not entertaining. Often not in a good way, but every now and again one surprises you. The Eastern Cape MEC for health is so healthy that she farted out loud during a live SABS news interview. Once could actually see the fart bubbling up - by her facial expression. When she realised it's coming out come hell or high water, her eyes indicated a fleeting glimpse of the inner struggle between sphincter and brain, knowing the fight was lost before it even began. And out it came. On teevee. Nogal. I actually felt sorry for the poor woman. In Afrikaans we would say it was kaksnaaks. Japan dishes up it's own share of special. Gamer Grandma is a 90 year old Youtuber, with 256 000 followers on her Youtube channel. She started gaming almost 40 years ago. Hamako Mori isn't just the oldest Youtuber in the world, she is by far the coollest! Her video's get millions of views, and her razor sharp sense of humour is enjoyed by many. Sh...

Dag 54 van die grendelstaat

Image
Dit is 54 dae te veel. So ons gaan nou ernstig raak oor sosiale afstande. Doodernstig! Ons gaan mekaar van nou af met vlaggies groet, soos op skepe desjare toe morsekode nog net 'n stokperdjie was. Groen vlaggie vir hallo. Geel vir oeh ek is so jaloers op jou uitrusting skattie! Rooi vir daai pms dae waar jy net almal wil moer. Dan bly ons meters weg van mekaar en kommunikeer in stilte om nie aanstoot te gee nie. En ons hoef nie te wonder oor watter gesigsuitdrukkings daar agter die maskers uitgestal word nie. Ons sal wel almal rugsakke moet begin dra om die vlaggies in te dra. In Maryland in Amerika beplan 'n restaurant buffertafels (ronde tafels kompleet met opblaas binnebande om) sodat kliënte wat aansit om te eet die gepaste 6 voet uitmekaar uit kan bly. Die feit dat dit soos voorskool speelgoedtafels gaan lyk is nie ter sprake nie. Alles gaan mos oor lengte. Ek bedoel afstand! Dit was amper. In Duitsland by 'n eetplek in Schwerin, laat hulle glo kliënte ...

Dag 53 van die grendelstaat

Ek het nog altyd gedink om die kurwes platter te maak is wanneer jy op dieët is. Wys jou hoe min weet ek. Die inkerkering bewys weereens hoe drie eienskappe in mense sterk na vore gebring word. Dis dinge wat maar as 'n norm onder die oppervlak van mense bruis, tye van uiterstes is net geneig om dit na die oppervlak te bring. En Covid-19 is waarskynlik die grootste uiterste in mensegeheuenis. Eerstens is daar die werklike omgeemense. Hulle is oral, en baie van hulle is nie opsigtelik soos dokters en verpleegpersoneel en ander wat in die voorste linies moes wees nie. Dis die tante op die hoek wat begin het om mense bymekaar te skraap en sop voor te berei om ander mee te help voed. Dis die gastehuis eienaar wat daagliks deur 'n horde brode en bottels grondboontjiebotter gaan om toebroodjies te maak om ander mee te voed, sodat hulle net iets inkry om die honger te stil. Dis die bure wat gereeld hulle maaltye deel met die enkellopende persoon langsaan wat lang, moordende ur...

Dag 52 van die grendelstaat

Eersdaags mag ons alfabeties drank koop! Of mag ons alfabetiese drank koop? Dis moeilik om by te hou met interpretasies. Hoe dit ookal sy, dit sal my uitstekend pas want dan kan ek Awhisky en Abrannas en Awyn kry. Rum sal eers moet wag. R is redelik laag af in die alfabet. Jy gaan net jou eie houers van die huis af moet saamvat om al jou nuwe drank mee kar toe te dra synde jy nie nuwes kan koop nie. Plastiekhouers, bakke, emmers en dies meer is geensins belangrik nie en jy sal geskop en gedonnor word as jy dit nou wil koop. Dis amper erger as om strand toe te gaan. Gisteraand het ons 'n briljante braai gehad saam met vriende en familie. Kruisskywe so groot soos olifantpote, enkelmout whisky, braaibroodjies, vitamine C drankies, uitruil van masker idees, goeie geselskap en baie lag. Dit was soos in die dae voor Corona. Ons het tot die omgewing se Karens genooi en hulle toe in die motorhuis opgesluit sonder hulle fone. So hulle kon dreig maar hulle kon nie klik nie. O e...