Dag 18 van die grendelstaat

Sun Tzu noem in sy boek The Art Of War dat die perfekte oorlog een is waar jou vyand oorwin is voordat hy dit nog besef, en sonder dat een enkele skoot afgevuur is.
Wie wen hierdie Covid oorlog?. Almal spekuleer ewe hard. En almal is oortuig hulle is reg, maar die feit is dat niemand regtig weet nie. Ons raai maar net saam.
Is dit die Illuminati? Trump? Gates? 5G? Jan? Die virus? Die Sjinese regering? Jan...?
Jan jou bliksem!!
Die hele wêreld voel op sy kop gekeer. Dit weet ons ten minste met sekerheid weet. Vir nou.
Daarbenewens sleep die grendelstaat voort met geen besliste einde in sig nie. Genadeloos, geen uitkoms, bloot net die dae wat opeenvolg en ineenvloei soos water.
Die mensdom hang rond soos ingehokte huisvlieë.
Ons wag.
Wag dat ons 'n versekerde einde kan kry. Wag dat ons kan begin die stukke optel. Wag dat ons kan begin verstaan hoe die nuwe wêreld daar uitsien Na-Covid, wag dat ons kan bepaal wat werklik oor is en waarmee ons nog kan werk en herbou.
Onsekerheid.
Dit is waarskynlik die grootste probleem waarmee almal worstel. En waarskynlik die een wat die meeste mense snags uit die slaap uit hou.
Om ingehok te word as jy vryheid gewoond is, verg 'n reuse aanpassing.
Die gesegde "al jou varkies op hok hê" word met onmiddellike ingang aangepas na "al die varkies IS nou op hok".
Oink.
Die lewensgrootte Bruce Springsteen het 'n liedjie geskryf wat resoneer - Trapped.
"Well it seems like I'm caught up in your trap again
And it seems like I'll be wearin' the same ol' chains
Good will conquer evil and the truth will set you free
Then I know someday I'll find the key
Then I know somewhere I'll find the key
Well it seem like I've been playin' the game way too long
And it seems the game I played has made you strong
Well when the game is over, I won't walk out a loser
And I know that I'll walk out of here again
And I know that someday I'll walk out of here again
But now I'm trapped, oh yeah!
Trapped, oh yeah yeah!
Trapped, oh yeah!
Trapped, oh yeah!"
Ek het nou lank buite op die gras gelê en staar vir die maan en die sterre. En was net dankbaar dat ek daar kon wees om die spektakel te aanskou en rustigheid te vind daarin.
Die wêreld verander, maar die maan kom groet steeds.
Geseënde Paasfees, ons gaan hierdie een lank onthou.
Riaan Coetzee
Kopiereg
13 April 2020




Comments

Popular posts from this blog

Dag 48 van die grendelstaat

Die Regte Rooikappie En Die Wolf