Dag 113 van die grendelstaat
Oom Cyril wil alweer met ons praat. Ek smeer solank my gat vet. Ek stel voor julle doen ook. As die president deesdae met ons praat is dit gewaarborg dat ons die skuld vir iets gaan kry. Dalk is ons gelukkig en dis net vir 'n virus wat nie onder beheer kan gekry word nie. Die feit dat die regering nie in staat is om 'n duikkompetisie vir 'n graad een klassie te reël nie is nie ter sprake nie. Ons vat net ons pak en maak gereed om nog voorregte op te gee. Buks, staan haaks, soos Ou Paal altyd uitgeroep het toe ek in die hoërkskool was en ons nie huiwerk gedoen het nie. In tipiese robuuste Suid Afrikaanse maniere om vrees en spanning te verwerk, doen ons intussen weddenskappe op sosiale media oor wat dit sal wees. Geen groente? Geen vrugte? Geen seks? Geen Netflix? Geen internet? Geen poep in openbare plekke net ingeval hulle waarnemings oor die virus se verspreidingspotensiaal 'n strontstorie was? Die spanning loop hoog. Ons weet reeds dat hy niks sal noem oo...