Posts

Showing posts from April 12, 2020

Dag 23 van die Grendelstaat

Ons is Hokbefok Jou Honour. Ons veg. Ons veg oor die polisie, ons veg oor die weermag, ons veg oor drank, ons veg oor sigarette, ons veg oor Trump, ons veg oor wie het die beste statistieke vir Covid, ons veg oor wie se skuld dit is, ons veg oor mense wat op hulle maatjies klik by die regering, ons veg oor alles. Maar eintlik veg ons teen onsself. Dis ‘n Covid fenomeen  – sluit genoeg mense vir lank genoeg in hulle huise toe en ontneem hulle al hulle regte. Maak dit erger deur vir hulle voor te skryf dat hulle nie mag drank en hulle gunsteling gifpyle koop nie. Hou hulle weg van inkomste af. Hang die doodskadu oor hulle koppe met ‘n virus. Of die idee van ‘n virus. Of watookal jy wil hê dit moet wees. Dis genoeg om enige iemand gek te maak. Dit doen. En dit wys. Jy hoef net ‘n uur op sosiale media te spandeer om te besef hoe mense uitgemergel is deur hierdie spook van onsekerheid en angs en senuwees. Die slim mense met wit jasse en dik brille reken die rouproses ...

Dag 22 van die Grendelstaat

Kry julle ook sulke interessante dog vreeslike vreemde drome? My vriend Gideon het ‘n papegaai. Een van daai grys geveerdes wat so lekker praat. Ek droom toe ek en die voël beland saam in ‘n kroeg in Calvinia. Ek weet nie hoekom daar nie, ek was nog nooit daar nie. Maar daar sit ons twee. Ons kyk vir mekaar. Die voël krys, “Hallo". Wel dis ‘n normale begin, dink ek, al sit hy langs my. In ‘n kroeg. In Calvinia. “Hallo” antwoord ek. “Soek jy ‘n cracker?” Stilte. Ek kou ‘n handvol grondboontjies. Girts girts girts kners dit in my mond. “Wat?” mompel ek al om die grondbone. “Jou moer” reken die papegaai. Ek verstik byna. “Ek is dors” raak hy kwyt, “Koop vir ons ‘n bier ek wil met jou gesels. My naam is Okkie, net dat jy weet.” Dawerende stilte. “Wat?” vra Okkie vir my. “Wat???!!!” roep die kroegman. “Ekskuus my?!” vra ek ook maar. “Jy praat dan met jou voël!” kry die kroegman uit. “WAT??!!!” skree ek geskok terug. “Hou jy jou neus uit ons sake uit” ...

Dag 21 van die Grendelstaat

Image
Die einde van die begin. Nee wag – die begin en die einde. Die einde maar die begin. Watookal. Julle weet wat ek probeer kwytraak. Dis so deurmekaar soos ‘n hawelose man onder huisarres. Vandag was ek bloot net moerig en omgekrap en gatvol. En verlore. Ek het reeds uitgewerk dat sulke dae ook gaan gebeur, waar jy voel soos die vergete bottel bier wat agtergebly het nadat die polisie ‘n klopjag op ‘n onwettige drinkgat uitgevoer het. Toe besluit ek alles se moer – ek gaan wildtuin toe. Ek pak toe ‘n paar peuselgoed, klomp geelvet biltong, genoeg water, my fles varsgeroostede Boeretroos, verkyker en kaart en ek sit af Orpen hek toe. Die gevoel om by een van die Kruger Wildtuin se hekke in te ry is vir my ‘n magiese een. Ek weet ek ry nou my gunsteling plek op aarde binne, dit laat die opgewondenheid letterlik oorkook. Ek kan beswaarlik wag om by hulle kantoor uit te stap nadat ek betaal het sodat ek net deur daardie poorte kan inry en voel hoe die wêreld se probleme van my skoue...

Dag 20 van Grendelstaat

Image
My hart dink nogsteeds dis die voorlaaste dag. My brein is ‘n ander storie – hy kan nie ophou lag vir my hart nie. My binnekant is seker ‘n donnerse sirkus! Ek het gedink ek is nou al min of meer gewoond aan die nuwe stadstilte. Tot 20 oor 5 vanoggend toe die einste stilte my wakker forseer. My brein het ‘n rukkie geneem om te besef wat aangaan, so duidelik het ek vir ‘n verandering diep geslaap. Dis ‘n bonus. En mens moet nou elke bonus vat wat aan jou geskenk word. Toe staan ek maar op en loop spring in die swembad. Die water begin darem nou nader aan my tipe temperatuur staan, so ek moet darem al so effe begin veg teen die asemsnak ding as ek inloop. Dan raak dit lekker. Mense dink ek is mal. Ek dink weer almal wat dit nie doen nie is. Die waarheid is seker dat ons almal mal is. Dit was briljant, soos altyd, om in die koue water te staan en te voel hoe my brein alles afsny en net fokus om asem te haal en my lyf warm te hou. Daar is iets so primitief in hierdie aksie dat...

Dag 19 van die Grendelstaat

Image
Die tye verander. Die wêreld soos ons hom geken het verander. Die ekonomie verander. Die hele gesig van besigheid gaan waarskynlik verander. The Times They Are a-Changin' “Come gather 'round, people Wherever you roam And admit that the waters Around you have grown And accept it that soon You'll be drenched to the bone If your time to you is worth savin' And you better start swimmin' Or you'll sink like a stone For the times they are a-changin'” -           Bob Dylan Dalk, hopelik, gaan mense ook verander. Ten goede. Alhoewel ek soms twyfel daaroor as ek so kyk na die venyn en nydigheid, veral op sosiale media. Aan die ander kant weer kyk en luister ek na die mense wat ek persoonlik ken - ek hoor die bekommernis en onsekerheid. Maar ek hoor ook die omgee, ek hoor die suiwerheid van hulle harte. Ek hoor hoe hulle kos aandra vir die buurman wat alleen bly en nogsteeds moet werk in die tyd. Ek ervaar die w...

Dag 18 van die grendelstaat

Sun Tzu noem in sy boek The Art Of War dat die perfekte oorlog een is waar jou vyand oorwin is voordat hy dit nog besef, en sonder dat een enkele skoot afgevuur is. Wie wen hierdie Covid oorlog?. Almal spekuleer ewe hard. En almal is oortuig hulle is reg, maar die feit is dat niemand regtig weet nie. Ons raai maar net saam. Is dit die Illuminati? Trump? Gates? 5G? Jan? Die virus? Die Sjinese regering? Jan...? Jan jou bliksem!! Die hele wêreld voel op sy kop gekeer. Dit weet ons ten minste met sekerheid weet. Vir nou. Daarbenewens sleep die grendelstaat voort met geen besliste einde in sig nie. Genadeloos, geen uitkoms, bloot net die dae wat opeenvolg en ineenvloei soos water. Die mensdom hang rond soos ingehokte huisvlieë. Ons wag. Wag dat ons 'n versekerde einde kan kry. Wag dat ons kan begin die stukke optel. Wag dat ons kan begin verstaan hoe die nuwe wêreld daar uitsien Na-Covid, wag dat ons kan bepaal wat werklik oor is en waarmee ons nog kan werk en herbou. ...

Dag 17 van die Grendelstaat

Image
Covid het duidelik nie ons kort aandag periode verbeter nie. Net toe ek gedink het ons sink nog dieper die malput in, begin ek waarneem dat al meer mense weer besig raak om plasings oor Trump te maak. Die spesifieke onderwerp het natuurlik al ‘n kultuur van sy eie geraak so ek vermoed dit moet verblydend wees dat mense weer kans sien om oor hom te veg in plaas van Covid. Ek probeer nog net verstaan of dit ‘n silwer of ‘n oranje wolkrandjie is. Covid blyk wel ‘n paar ingekerkerde culture te verander. Die hele ding waar bekendes en beroemdes soos Hollywood akteurs, kits Instagram modelle en ander miljardêr musici vir die mensdom die pas aangetoon het is skynbaar besig om uit te sterf. Hulle sit algar ook in hulle paleise vasgevang, maar is so smagtend na aandag dat hulle nogsteeds vir hulle aanhangers video’s stuur vanuit baddens so groot soos sitkamers en sitkamers so groot soos vliegdekskepe. Sterk wees vriende, ons ly saam met julle. Hou dop hoe manmoedig ons die hele sit...

The key to sanity

The key to sanity in this time is to remain extremely vigilant to what you see, hear and read about in the media and on social media. You owe it to yourself to sift through all the relentless nonsense and fact check stuff and if you are not sure, rather take time out. Go read a book. Clean the fish tank. Build a puzzle with your kids. Do something constructive and good that calms you down. If you don't and you continue buying into every piece of "news" you are bombarded wit h and you react negatively to it, you will self destruct long before lockdown is history. I'm pretty certain your family and friends would hate that. Peace of mind is probably the best value currency around. Ensure you invest in it. Riaan Coetzee 11 April 2020

Dag 16 van die Grendelstaat

Stuck in the middle with you… Onthou julle daai liedjie? Ek reken honderde miljoene mense voel presies net so. Aan die een kant word ons gebombardeer met ‘n nimmereindigende stroom informasie deur die hoofstroom media, regerings en hulle lakeie. Aan die ander kant gebeur dieselfde met elke individuele opinie en mening, elke teorie, elke sameswering, elke rasionele en irrasionele kommentator se indrukke, terugvoer wat hulle gehoor het by iemand wat dit by iemand gehoor het, wat dit weer by iemand anders gehoor het, elke histeriese geweeklaag en bevreesde rugsteuning van dit wat elkeen se idees die beste pas. Ek het onlangs genoem dat sosiale media ‘n tweesnydende swaard is. Dit is in hierdie deurmekaar, onseker, vreemde tyd ‘n lewensaar vir so baie waardeur die bloed van konneksie met die buitewereld bruis. Maar dit is ook ‘n mynveld wat jou reeds brose gemoed kan vat en hom vergruis as jy dit nie goed bestuur nie. En reg in die middel sit ons, vasgevang tussen hierdie...

Branderplank ry in die Kruger Wildtuin

Mal oor die Kruger wildtuin, ekke. Die bos praat mos met my. Afrikaans meestal, maar ook partykeer in ander tale. Almal diep gesprekke. Laasjaar is ek en my ou maat Dawie en sy vrou Sonja toe af daardie kant toe. 10 wonderlike dae gekamp in Letaba. Baie lekker kamp vir die wat belangstel. Altyd te veel mense na my persoonlike mening, maar as jy heeltemal alleen wil wees deesdae moet jy maar Kalahari toe, of Tankwa Karoo toe! Dis net dat die bos my so roep man. Kan nie wegbly nie. Vat maar ‘n groot hamer vir tentpenne hoor. Dis makliker om ‘n leeu se boude af te vee as om die pennetjies in die grond in te kry. Klomp sweet en Suiwer Afrikaans later was ons toe darem klaar. En ek bedoel: Klaar. Stort, ‘n knertsie vir die gemoed want teen die tyd was ek en ou Dawie darem erg jammer vir onsself sien, en loop soek leeus. Of blou ape as jy nie leeus kry nie. Net iets om van die moeë lyf te vergeet. Goeie 10 dae gewees. Klomp TanneManne gesien, daai met die groot pote en...

Dag 15 van die Grendelstaat

Oftewel Dag 1 van die Verlenging van die grendelstaat Ons steier soos ‘n voosgeslane bokser. Gisteraand het die president afgekonding dat die hele ding verleng word met nog twee weke. Die atmosfeer is gedemp, somber. Niemand weet werklik wat om daarvan te maak nie, wat om daarmee te maak nie, of wat de donner om volgende te maak nie. Dis Paasnaweek. En die paaseiers is vrot. Ons probeer asemhaal. Ons probeer net een tree voor die volgende een gee. Ons maak simpel grappe, soos ons maar altoos doen in somber en moeilike tye. En dit laat ons lag maar selfs ons lag is vandag effe gedemp. Elkeen probeer maar net om die hele ding te verwerk op sy of haar eie manier. Party praat, ander huil, party soek enige ontvlugting wat hulle kan kry, ander kruip in hulle dop in en wil net stil wees. Sommiges skryf daaroor. Enige iets wat mens net besig hou – al is dit net nominaal besig. Gemoedsbekakking. Ek wil regtig nie vandag hoor hoe wonderlik die president is nie. Of hoe ministers...

2 More Weeks Of Lockdown!

So lockdown is extended with a further 2 weeks. Herewith a lesson to self. If you too find a lesson here, so be it. It contains colourful language because this is a colourful time. People are freaking out, people are in shock, people are pretending to be calm, people are acting tough, people are singing praises of leaders even as they sink into an economic quagmire, people are swearing at governments, people are swearing at the virus, people are crying, people are stolidly trying to keep their heads up, people are praying, people are swearing, people are moody, people are heartbroken, people are trying to figure out how to rescue a business, people are trying to figure out which staff to lay off or to offer paycuts to or how to tell them there won't be a business to go back to, people are desperately trying to find and cling to any real or perceived silver lining in the dark cloud, people are cracking jokes because humour is a proven mood lifter. You can choose which one ...

Dag 14 van die Grendelstaat

Image
Eergister het ek ‘n tikkie vryheid ervaar! Ek was vir die heel eerste keer sedert hierdie moerkoerdery begin het, winkels toe. Met my masker. Want ek het een gekry en ek moes hom darem net een keer gebruik. Ek reken ek het so effe soos ‘n Meksikaanse dwelmkartel sicario gelyk, kompleet met 'n pet en sonbrille. Ek het selfs die winkels so binnegevaar en niemand het my snaaks aangekyk daaroor nie. Ek weet net nie of sicarios ook naarstigtiglik sonbrille en leesbrille moet ruil elke keer as hulle die inkopielyste wil konsulteer nie. En of hulle brille dan ook bly toewasem as gevolg van maskerasem nie. My meegevoel met bankpersoneel wat kalm moet bly as al hulle kliënte gemasker ingestap kom. # MaskersMoetVal Ek het aanvanklik soos 'n regte rebel gevoel - kyk hoe maak ek die hek oop Karin...kyk! Ek gaan strate toe, sien jy! Die bravade het nie lank gehou nie. Ek bieg dat ek al die pad Spar toe gesit en rondkyk het soos iemand wat skelm omkyktwak gerook het in die 8...

Dag 13 van die Grendelstaat

In 1984 skryf John Deacon, die baskitaarspeler van Queen die trefferliedjie – I Want To Break Free. Nou sit en wonder ek – het hulle iets geweet wat ons gemis het? Hoe bitter graag WIL ons almal nou uitbreek! Ons sit in ons huise vasgekluister - Corona Krygsgevangenes. Ons hou onsself besig so goed ons kan maar dit verander nie die feite hiervan nie. Fisies afgesonder van alles en almal wat nie saam met jou in jou “sel” leef vir die 21 dae nie. Ons grense, ons hele wêreld, strek skielik net tot by die motorhek of die voordeur. Daarbuite loop ‘n mikroskopiese onding rond. Ons kan hom nie sien nie maar boeta, ons is so terdeë bewus van hom! Sy tentakels sny diep deur die die hart van Die Samelewing soos ons dit geken het. En lank nadat die mensdom ophou gons het oor Covid-19 gaan sy gevolge steeds met ons wees. Sommiges gaan rou oor geliefdes wat hulle verloor het. Ander oor inkomstes, oor lewenswyses, oor besittings, oor besighede. Of oor hulleself. Oral waar jy kyk sien e...

Dag 12 van die grendelstaat

Ek verstaan ten minste nou waarom taxis steeds in hierdie tyd, desondanks nood regulasies om die virus te beveg, soos sardientjieblikkies volgepak word. Ek meen, een ding wat ek het is tyd om oor alles na te dink. Jy pak eenvoudig genoeg mense in dat daar nie plek oorbly vir 'n virus nie! Maklik né. Hoe is dit dat ek tot dag 12 gevat het om dit uit te werk! Wat 'n absurde tydperk beleef ons nie! Dis moeilik om te dink dat kinders, jare van vandag af, gaan leer van Die Jaar van Corona. Die tyd toe die wêreld tot stilstand geruk is op wyses wat twee wêreld oorloë nie eens kon regkry nie. Ek verloor letterlik tred met beide tyd, datums en dae en moet gereeld die kalender nadertrek om gou seker te maak. Enige mens wat in die tyd voorhou hy is glad nie gespanne nie, of dit nou baie gespanne is of net 'n klein bietjie, lieg. Meestal vir homself. Wat wag vir ons anderkant die grendelstaat? Meer daarvan, of gaan die lewe skielik net aan asof die mensdom 21 dae af...

Die Regte Rooikappie En Die Wolf

Eens op ‘n tyd was daar hierdie dogtertjie gewees wat in Feetjieland, reg langs die Towerwoud, gewoon het.  Eintlik was sy blond maar sy het heeldag met so ‘n rooi mussie op haar kop geloop met die gevolg dat almal in Feetjieland en die Towerwoud haar toe Rooikappie begin noem het.  Vreeslike fraai kind, en tog so lief vir haar Ouma. Ouma het in die nabygeleë Towerwoud gewoon, nie ver van die Houtkapper af nie want hulle twee het saans saam TV gekyk. Survivor was hoog op die lys want die bos was ook maar gevaarlik.  Een goeie dag kry Rooikappie toe ‘n sms van Ouma af waarin sy vra of sy nie asseblief vir haar ‘n paar goedjies uit die dorp sal saambring nie, en dan eet sy sommer middagete saam met Ouma en die Houtkapper. Ouma voel bietjie siekerig en lê bietjie in die bed. So gesê so gedaan, en Rooikappie is toe daar weg na die naaste – en enigste – Spaar in die dorp. Spaar, want in Feetjieland kry jy nie ‘n franchise van die meer bekende winkel groep in menseland ...