Posts

Showing posts from June 28, 2020

Dag 94 van die grendelstaat

Image
Ons het nie regtig baie pakslae gekry toe ons kinders was nie. Ma het meestal die nodige gedoen, en tussenin, as dinge hand uit geruk het, het die Groot Bul se hulp bygekom vir die regstellende aksie. Daarvoor het ons maar lig geloop, want jy het geweet daarvan. Ma was 'n vreeslik liefdevolle mens en ek dink nie die pakke slae elke dan en wan het te goed by haar afgegaan nie. Inteendeel ek dink sy het waarskynlik seerder as ons gekry en agterna het sy vreeslik getroos. Soos ek groter geword het, het ek een goeie dag besef ek is nou langer as my Ma. En ook sterker. Dit het aan my 'n natuurlike gebiedsvoordeel verskaf, en soos enige goeie tiener betaam het ek mildelik misbruik gemaak daarvan. Toe my liewe Ma se eindelose frustrasie. Want elke keer as sy my wil neuk het ek eenvoudig haar hande vasgehou en dit was dit. Ek is maar bly sy het nie in selfverdediging gespesialiseer nie want dan sou sy waarskynlik uit frustrasie uit met die knieg of kop ingeklim het om my op my plek te ...

Dag 93 van die grendelstaat

Image
Visvangstories Toe ek jonger was het ek ernstig visgevang. Die wat swem en jy kan braai. Soos ek ouer geword het, het ek meer begin fokus op visvang op die bank en in die fliek. Maar desjare was dit ernstig hengel. En baie OBS wanneer ons privaat gehengel het. As jy kompetisie papgooi en hulle vang jou die karp aas in jou Coke gooi, gooi hulle jou uit. Een winter is 'n paar van ons af na 'n plek met die naam Wolwespruit reservaat. Vaalrivier, grens van die Vrystaat en die Noordwes. Dit was destyds nog Wes Transvaal.. As jy 'n rowwe sirkel trek tussen Bothaville, Leeudoringstad en Bloemhof aan die Noordwes kant en Hoopstad en Wesselsbron aan die Vrystaat kant het jy 'n idee waar dit is. Daai tyd was dit nog lekker wild gewees, en daai deel van die wêreld raak leeukoud. Maar vrees is daar nie, en OBS is daar wel. Sommer baie van. Ons slaan haastig stoele en visgerei op en laat loop solank die lyne sodat die vis kan begin honger raak. Toe begin ons OBS gooi en rus...

Dag 92 van die grendelstaat

Gaan dit ooit einde kry? Hierdie gekkeparadys. Gaan ons ooit weer voel of ons selfs net in 'n semi normale wêreld leef. By die dag voel dit meer en meer of Mars regtig 'n goeie opsie word. Dis maskers heeldag en al wat jy in die media en sosiale gevoer word is Corona vrees statistieke en nog regeringsflaters en diefstal. Dis net grafieke en statistieke oral waar jy kyk - kry tog net jou sake in orde want ons gaan binnekort almal in ons moere wees! En as Die Corona jou nie kry nie gaan jy in elk geval oor 'n dekade jou gat sien as aardverwarming die einde van die mensdom met trommegeroffel realiseer. Dis Karen's oral wat die bestuurders wil spreek en die ewige vrees om tog net om Vadersnaam nie iets te sê wat iemand gaan aanstoot gee en 'n woedende reaksie ontlok nie wat mens meer oor jou skouer laat loer as omkyktwak in die 80's toe dit nog streng taboe was. En fok weet, alles gee aanstoot. As jy jou bek oopmaak is iemand alreeds kwaad vir jou voor jy ...

Dag 91 van die grendelstaat

Image
Dis een ding om jou speelgoed uit die kot uit te gooi. Dit iets heel anders as jy besluit om dit met 'n hamer te vermorsel. Toe ons klein laaities was het ons 'n swetterjoel speelgoed karretjies gehad. Kleintjies, middelslag en groot karretjies. Maar laat ons volstaan met die feit dat daar genoeg was. Genoeg om twee woelige laaities vir ure lank besig te hou, saam met die plastiek weermagmannetjies, waarvan ons ook honderde gehad het. Die twee wat my tot vandag toe nog byval is my Tonka padskraper - daai ding was so sterk dat ek bo-op sy kajuit se dak gesit en hom gery het soos 'n stootfiets. En daar was 'n lekker groot VW Beetle. Die res was, wel, karretjies. So kuier Ouma Sannie by ons uit Namakwaland uit. Sy sit en hekel heeldag op haar bed in die lekker sonnetjie, en ons is in en uit by haar om goed met haar te deel. Sy het ons 'n liedjie geleer wat ek vandag nog loop en sing. "Gat jy more dorp toe, Sien jy 'n kameelperd. Kolletjies op sy voork...

Dag 90 van die grendelstaat

Image
Beertjies vir sosiale afstand! In Parys het 'n restaurant met 'n sin vir humor besluit om groot teddiebere te gebruik om sosiale afstand te verseker tussen hulle aansit kliënte. Ek sou een huistoe vat, ek het nog altyd 'n ding vir teddies. Ek bedoel teddiebere! Wel, teddies ook. Maar laat ons nou nie afdwaal nie. Dit herinner my aan 'n goeie ou verhaaltjie oor bere. Eendag lank, lank gelede was daar 'n beer. Hy was vreeslik aantreklik, met 'n 6 pak en gespierde bo-arms en 'n groot Jeep. Hy was nogal eensaam Nadat hy eendag 'n hele spul biere saam met Rooikappie en haar Ouma deurgewerk het, het Rooikappie hom oortuig om aan te sluit by die woud se aanlyn webwerf vir eensames - www.vindjoudiertjie.brul. Dit was nie lank nie toe stroom die aanbiedinge in maar die een het sy beer oog dadelik gevang. Amper 8 voet as sy op haar agtervoete staan, die langste naels wat hy nog ooit gesien het, pragtige gebit, blink pels, harig soos dit hoort en 'n ...

Dag 89 van die grendelstaat

Die bobbejaan wat toe nie kon swem nie. So kuier ons een paasnaweek op 'n reuse groot wildsplaas by vriende. Insoverre dit wegbreke uit die stad aanbetref was hierdie een topklas gewees. Een oggend terwyl die son sy kop uitsteek om vir die bos te loer trek ek my stapskoene aan en kies koers in 'n rigting in. Ek het seker 'n goeie driekwartuur gestap toe ek besluit hierdie is 'n aanvallige plek om sommer net te sit en vir die bos te luister. So gesê, so gedaan. Ek sit nog so toe een van my stemme vir my fluister dat iemand of iets my dophou. Julle al daai gevoel gehad? Ek sit roerloos en fokus net op wat om my aangaan en word inderdaad bewus van 'n beweging agter my. Stadiger as 'n trapkar in 'n Formule Een ren draai ek my kop om te probeer sien wat dit is. Dit was nogal 'n kommerwekkende paar oomblikke want vir al wat ek weet was dit iets met 'n bek vol tande! Dit is toe al die tyd 'n koedoebul. Maar hy is groot, sy horings lyk soos die ru...

Dag 88 van die grendelstaat

Image
Om springhase te jag sit nie in elke man se broek nie. Veral nie as jy hulle wil inhardloop nie. So kuier ons een langnaweek baie jare gelede saam met Bruce hulle op die familieplaas doer anderkant moerlandspan. Hulle familieplaas. Daar is beeste en meer rooibokke as in die wildtuin. Elande, blouwildebeeste, koedoes. Vlakvarke. Die klas van goed. Dis mooi boswêreld, en mens ontspan so lekker. Een vroegoggend word ek wakker met 'n vreeslike vol blaas en besluit om in die bos te gaan water afslaan en die badkamer 'n ruskans te gee. Dis so donker soos die binnekant van 'n walvis, maar die sterre is absoluut wonderlik. Ek stap liggies uit sodat ek niemand wakkermaak nie, en kies koers seker so 'n stuk of 30 meter die veld in. Ek kry my staan lekker reg en haal die nodige uit om die nodige te doen. Jy weet mos. En net toe die water afslanery op sy lekkerste begin raak druk 'n donnerse swart koei haar snoet hier van agter af teen my arm vas en sê liefderyk - Mooo...