Dag 69 van die grendelstaat
Ek wag al lank vir hierdie dag! Dis my gunsteling nommer - ek kan net nie meer onthou hoekom nie.
Wat ek wel weet is dat dit direk voor 70 is. En 70 is die getal hoogsgeleerdes wat dit glo geneem het om die Septuagint te vertaal.
Dis nogal interessant, en heelwaarskynlik oop vir redenasie want 'n geskoolde bybelkenner die is ek nie. Die Septuagint is die die oorspronklike Griekse weergawe van die Ou Testament en dit is glo vertaal deur 70 of 72 hooggeleerdes van daardie tyd.
Dit maak nie 69 'n minder interessante getal nie. Inteendeel. Die getal 69 verteenwoordig ook afsluiting, familie, tuiste, harmonie, gesondheid en deernis.
Ek weet nie waarom julle almal nogsteeds so sit en grinnik nie.
Stop nou!
Goeie nuus vir dag 69 is dat daar 'n spul hooggeplaaste polisie offisiere en voormalige offisiere gearresteer is vir korrupsie en tenderbedrog. Tot 'n afgetrede generaal. Hopelik verruil hulle blou vir oranje en sommer vinnig ook. Steeds skitter skelm politici egter in hulle afwesigheid, nieteenstaande die feit dat SA hulle tande slyp om 'n modeparade dop te hou waar hierdie spesifieke skelms hulle nuwe oranje oorpakke vir ons tentoonstel.
Ek het geen idee of Hadie in sy volle glorie herstel het nie. Dis nou die beseerde hadida van nou die dag. Ek is al uitgevra daaroor. Ek hoor hadidas gil in die verte terwyl ek hierdie skryf en ek vermoed hy is een van hulle. Sterkte ou Hadie, mag jy spoedig weer iemand se gat krap.
Tussen vanaand en môreaand, die 5e Junie, kan die volmaan weer in al sy glorie besigtig word. Junie se volmaan word ook na verwys as die aarbei maan. Dit verwys nie soseer na die kleur van die maan nie maar eerder na die plukseisoen van aarbeie in sekere dele van die wêreld wat tipies oor hierdie tyd val. Aarbeipluk - nie die meer gebruiklike moer nie. Volmane vind elke 29 en 'n half dae plaas en hulle name is aan spesifieke seisoene gekoppel synde dit was hoe Rooihuide in die VSA die veranderende seisoene gevolg het. Junie se volmaan word ook soms na verwys as die heuningmaan of roosmaan.
Hier in Afrika behoort ons 'n gedeeltelike verduistering van die maan te kan gadeslaan - in Ingels noem hulle dit 'n Penumbral Lunar Eclipse. Penumbra is die geleerde naam vir die aarde se donker skadu. Dit gaan egter nie ooglopend sigbaar wees nie so die meeste maanstaarders gaan dit waarskynlik glad nie eers raaksien nie synde dit so klein is. My advies sou wees om genoeg van daai nuwe brannas te drink voor jy uitgaan om te kyk, want as jou ogies eers lekker skeefgedrink is is enige iets moontlik.
Nader aan die huis is hier in Centurion 'n plek wat die allerbeste pasteie maak. Geen sooibrand nie - en dit is 'n groot maatstaf om 'n pastei aan te meet daai. Dit het niks met die maan uit te waai nie maar as jy genoeg pasteie eet gaan jou wange so rond soos die volmaan raak. So daar is dit.
En dit sal nie fokken mooi wees nie.
Mense vra waarom vloek sommiges. Dis altyd interessant om uit te grawe dat selfs hoogdawerende skrywers soos ou Shakespeare gevloek het. Welliswaar nou in die allerpragtiste poëtiese taal, maar steeds. Een wat nogal gepas is op 2020 is 'n gevynste belediging wat die ontvanger sekerlik lank laat wonder het of hy moet kwaad word of nooit weer in die openbaar verskyn nie, kan gevind word in sy King Lear toneelstuk waar een of ander ongelukkige persoon die volgende toegesnou word:
Sê wat jy wil oor die woord, maar dit bly een van die mees beskrywende woorde in Afrikaans. En in 2020 vermoed ek hy is meer as normaalweg gebruik. Bloot omdat ons so fokken gatvol is vir hierdie pandemie krisis waarin ons onsself bevind.
Erens in Amerika by 'n IKEA winkel het 'n man met 'n goeie streep ondeunde humor, wat beslis nie altyd waardeer word nie, vals sosiale afstand merkers neergesit wat 'n labarint met geen uitgang gevorm het nie. Hy is gearresteer, maar wat 'n waardevolle bydrae moes dit nie gewees het tot die humorpoel nie! Al daai mense wat net probeer in die plek inkom en later net verslae daar rondstaan tetwyl hulle probeer verstaan wat de ongeluk nou aangaan!
Ek vermoed meer as een van hulle het ook arms die lug ingegooi en gesê fok.
Ben & Jerry's is 'n baie bekende handelsnaam in die VSA, wat al bekend is daarvoor dat hulle politiek verwante name aan nuwe geure van hulle roomys gee. So het hulle al Burn The Bootlickers uitgebring, en in 2019 ook "Justice Remix'd".
Hulle heel nuutste geur is Fuck The Police. Dit het tot bloubessies in. Jy hoef nie te hou van wat hulle doen nie, maar jy moet toegee dat hulle bemarking hulle roomys die geur van elke protesaksie gaan maak. En gelukkig of ongelukkig is dit ook iets wat huidiglik in baie mense se gedagtes rondskarrel. Teken van die tye.
As hulle 'n Nommer 69 geur uitbring gaan ek beslis daarvan invoer.
Thuli Madonsela reken sy sal verbaas wees as die uitspraak teen ons gewildste minister van wierook, waar rook julle en waar kry julle goed om te rook en haar binnekring van ministers vol slegte verassings sal staande bly in 'n hoër hof. So ons verwag dus dat hierdie stryd nog lank die rook op howe gaan laat draai.
Ek oor by 'n goeie vriend dat dit glo uitputtend is om 'n trofeë eggenoot te wees. Sy vrou reken hy is oorlede van Corona.
Riaan Coetzee
Kopiereg
4 Junie 2020

“Thou art a boil, a plague sore, an embossed carbuncle in my corrupted blood.”
As iemand dit nou vir my moet toesnou sal ek beswaarlik met 'n gepaste teenvoeter kan vorendag kom. Ek vermoed dit sal bly by 'n kort en kragtige "fok"....Sê wat jy wil oor die woord, maar dit bly een van die mees beskrywende woorde in Afrikaans. En in 2020 vermoed ek hy is meer as normaalweg gebruik. Bloot omdat ons so fokken gatvol is vir hierdie pandemie krisis waarin ons onsself bevind.

Comments