Dag 43 van die grendelstaat
Dis volmaan - los alles net en loop staan eers buite en waardeer dit.
Dis 'n bisarre, onsmaaklike, bitter, senutergende tyd. Hoe langer dit aangaan hoe groter word ons trauma. Trauma oor werk en inkomsteverlies, trauma oor geliefdes wat nie meer met ons is nie, trauma oor verlore vryhede, verlore geleenthede wat nie weer herwin kan word nie, of oor die feit dat ons nie ons hartsmense kan sien en druk en mee saam kuier nie. Te veel om te noem.
Ons is midde 'n trauma tsunami.
So gaan uit, gaan staan buite en drink 'n koffie of 'n pynappelbier, vat net 10 minute en drink net die wonder in van 'n pragtige volmaan.
Leef jouself net absoluut, met volle oorgawe, in daardie paar minute in. Fokus net op die maan, die sterre, die manier hoe die omgewing verlig word. Vergeet net vir daardie paar minute van alles wat jou nagte om laat wakker rondrol.
Haal diep, diep asem. Raak bietjie kalm.
Leef net.
Dis nou selfs nodiger as ooit om mooi met ons binnekante te werk te gaan.
Ons siele kort almal 'n stywe drukkie.
Die president sou weer vanaand met ons gepraat het. Of hy sou nie. Ons weet nie regtig nie. En ons wonder of hy weet.
Al wat ek weet is dat niemand weet nie.
Ek wil darem net graag vir die dames sê ons is jammer as ons julle ooit geterg het dat julle daai bra's so vinnig laat waai as julle by die huis instap. Maskers dra leer ons vinnig van beter.
Heelwat mense wat gedurende die grendelstaat noodgedwonge van die huis af moes werk het besef hulle hou nie van hulle medewerker nie....
Dis vir jou 'n ding.
Daar is mense wat vreeslike uitgebreide daaglikse inkerkering roetines volg. Mooi netjies uiteengesit op daaglikse kalenders. Half 6 opstaan.6 uur oefen. 8 uur mediteer. 9 uur opvoedkundige programme. 12 uur koffie en beskuit. Presies vooruitbepaal tot die minuut toe.
Ander se roetines is heelwat eenvoudiger .....
1. Word wakker
2. Wonder wat het van al daai paniek toiletpapier geword
3. Raak mal
"Don't you know l'm still standing better than l ever did.
Looking like a true survivor, feeling like a little kid.
I'm still standing after all this time.
Picking up the pieces of my life without you on my mind."
- Sir Elton John
Hou die blink kant bo.
Riaan Coetzee
Kopiereg
7 Mei 2020

Comments