Dag 42 van die grendelstaat
Ek moet eintlik net vir my 'n nuwe fokken bra koop!
Elke dan en wan loop jy in iemand vas wat jou hele dag ophelder. Vandag was so 'n dag - ek moes apteek toe om goed te loop kry vir Oupa Piet.
Toe ek klaar is besluit ek om sommer gou by Spar ook in te stap. Seker maar omdat ek 'n masker fetish begin ontwikkel en dis die ideale plek om hordes maskers bymekaar te sien.
So val ek toe weer in die ry in. Die keer gelukkig 'n kort ry. Ek moet seker maar sê dit was 'n rytjie. En almal het maskertjies. En by die deur word ons handjies gespuit. Ek soek iets vir die asem ook - kan niemand meer organiseer nie?!
Gou 'n paar goed gegryp - die keer het ek gelukkig die bankkaarte onthou - en op pad na die betaalry toe stap ek verby een mevrou wie se masker om haar nek hang. Nou dis nou net daar waar sy baie bly kan wees ek klik nie. Want dit was darem wragtag die ideale teelaarde vir 'n prysenswaardige gemoedsbekakking.
Instede kyk ek haar so verby my masker en knip vir haar oog en sê "Oooooh jou rebel jy!"
Sy lag klokhelder en sit haar hande op haar heupe en sê uitdagend "Ja net so, dis lekker om partykeer 'n rebel te wees!"
My tipe mense.
Ons raak aan die gesels en na 'n minuut of wat fluister sy vir my "Ek het 'n geheim om met jou te deel."
"Het jy geld verduister en drank daarmee gekoop?" vra ek.
"Neeeeeeee!" lag sy, "ek koop nou uit pure frustrasie uit net goed wat ek nie eers nodig het nie."
"Nou hoe so?" vra ek.
"Wel, die ding is, eintlik moet ek net 'n nuwe fokken bra koop maar ons mag mos nie! So nou koop ek maar roomys en ander goed wat ek nie nodig het nie." lig sy my in.
Ons staan altwee en lag want die absurditeit van die situasie is tasbaar.
"Kyk ne" reken ek "daar is diegene wat wil voorhou of die nou die nuwe normaal is. Maar daar is absoluut geen manier hoe hele bevolkings wat met maskers op hulle gesigte rondloop soos leerling dokters normaal is nie."
"Dis 'n feit, en dan nog rondstaan met 'n doodsvrees in ons oë en dit laat lyk of dit te veel gevra is om selfs net oogkontak te maak met die mense om jou, asof iemand jou gaan aansteek as jy hulle groet." voeg sy by. "Hierdie hele nuwe ding waar elkeen homself in sy eie klein borrel spasie afgesonder het en jy kyk almal om jou met wantroue aan, dis ook nie normaal nie."
"Presies net so ja" eindig ek die gesprek, "dit mag dalk sommige mense se "nuwe normaal" wees, maar dit kan nooit myne wees nie. Ek aanvaar dit net nie. Ek wil nie een van hierdie nuwe mense wees wat ons gedwing is om te word nie."
Sy glimlag vir my en fluister "Dis hoekom ek elke dan en wan 'n rebel is."
Ons gaan elkeen in ons eie rigting, maar met'n veel ligter gemoed as waarmee ons ingestap het.
Vir 'n rukkie het Covid soos 'n slegte herinnering gevoel.
Dankie Rebel.
Riaan Coetzee
Kopiereg
6 Mei 2020

Comments