Posts

Dag 60 van die grendelstaat

Dalk klink D-Dag plus 1 beter. Ons speel die week almal stokvel sodat ons genoeg geld kan probeer kry vir brannas op 1 Junie. Nou raak dinge ernstig - die buurman het vanoggend sy slaapsak op die grasperk oopgerol sodat hy kan lug kry. Hy reken synde ons dan nie meer in die donker opgesluit sal word nie wil hy sommer voor Tops loop kamp opslaan sodat hy eerste kan instorm. Toe ek hom vra wat gebeur as hy verslaap kon hy my nie antwoord nie. Hy het net begin huil. "Dit mag nie gebeur nie buurman, fok weet as ek nog langer pynappelbier suip gaan ek aandring lat die corona my vat!" Die spanning loop hoog. Die dors is erg. Tops beter genoeg voorraad hê - julle al gesien wat gebeur as dorstige manne wat boonop dae laas 'n rokie gemaak het lank toustaan net om te hoor die drank is op? Oorloë is al begin vir minder as dit. Ten minste mag ons nou wegneem etes by restaurante bestel. Ek is egter altyd skugter om 'n biefstuk in 'n kartondoos te ontvang want teen die tyd wat ...

Dag 59 van die grendelstaat

Julle mag drink, solank julle net nie rook nie. Julle mag net nie op die strand drink nie. Ook nie op julle branderplanke nie. Jy mag nie eers rook as jy warm is nie. Selfs braaivleisvure mag nie meer rook nie. Jy mag beslis nie rook by padblokkades nie. Maar jy mag kwitansies vir jou onwettige sigarette hê. Daar is 'n ongure grappie wat sterk hieraan herinner. Jannie se meisie kom kuier en die twee sit af na sy kamer toe om "mekaar se temperatuur te loop neem". Mens moet mos maar gereeld toets vir veiligheid.... Na 'n rukkie kom sy pa verby en klop aan Jannie se deur. "Jannie, rook julle daar binne, vir wat is hierdie deur gesluit?" vra hy. "Nee Pa," antwoord Jannie. "Ek neem net Sannie se temperatuur en sy toets die termometer...." "O nee dan is dit goed," seg sy Pa. "Solank julle net nie rook nie " Sela. Jy mag gelukkig darem jou hare sny! In jou kombuis, met jou eie snoeiskêr, en hopelik 'n s...

Dag 58 van die grendelstaat

Hierdie ding moet nou einde kry - besef julle hoe vervelig raak dit om lnstagram modelle die heeltyd voor hulle onopgemaakte beddens te sien poseer?! Covid-19 is nie hierdie wêreld se eerste dodelike pandemie nie. Inteendeel. Maar wat dit wel is, is die heel eerste ten volle sosiale media pandemie. Vir die eerste keer ooit word ons dag in, dag uit, 24 uur per dag, maande reeds gebombardeer met woorde, voorspellings, syfers, tragedie, letterlik einde van die wêreld tipe sketse. Die nuus is permanent gevul met 'n nimmereindigende stroom pratende koppe wat verdere onheil uitbraak, en nog pratende koppe wat weer die onheil as nonsens afmaak. En niemand, letterlik niemand, weet werklik wat aangaan nie. Inteendeel, soos tyd aanstap raak ons net meer kwaad, meer swartgallig, meer ongelukkig, meer venynig teenoor mekaar, meer ontmoedig, meer depressief. En steeds hou die bombardement inligting nie op nie. Jy kan nie wegkom daarvan nie Dit het aanleiding gegee tot ongehoorde, onden...

Dag 57 van die grendelstaat

Sy is die gevriesde botter vir ons varsgebakte brood; Sy is die kasterolie vir ons nood; Sy is die kraaines in ons katrolle; Sy is die turksvy in ons holle; Sy is die vyfde wiel aan ons wa... Sy is die berugte Mevrou Dlamini-Zuma. Hande op vir die wenner van die ongewildste Gauleiter ooit. Skuus ek bedoel natuurlik minister. Ons weet die minister van hoedens gaan goeie kompetisie wees. En die minster van warm hoender gaan hom besig hou want hy wil vreeslik graag die kompetisie wen. Maar beide hierdie twee potensiële kampioene sal moet uithaal en wys om by die minister van zol uit te kom. Sy is die Bolt van hierdie 100 meter finaal. Na vandag se bekendmaking van haar argument dat wettige sigarette en drank eers in fase 1 van die inkerkering beskikbaar moet wees, is sy beslis die voorloper in hierdie resies. Gelukkig is dit Vrydag! Naweek! Fantasties! Behalwe dat dit presies net soos enige ander dag van die week voel. So daar is dit. En gelukkig is die polieste besig ...

Dag 56 van die grendelstaat

Moeilik om te glo Januarie 2020 was slegs sewe jaar gelede. Die ademlose gewag vir die ekonomie om oop te maak herinner sterk aan die bene kruis toneel van Sharon Stone in Basic lnstinct in 1992 as jy die fliek vir die 20e keer weer kyk. Net om seker te maak jy mis niks nie. Want jy is 'n deeglike mens. Reg? Reg! Jy sit later op die punt van jou stoel en bewe so dat jy pynappelbier op die kat mors en die kat skrik so groot dat hy 'n haarbol op jou nuwe gehekelde pantoffels uitkots en sodra dit uiteindelik by daardie historiese toneel kom en sy begin haar bene kruis en jy weet wat volgende gebeur en jou bolip begin sweet en jy raak skoon kortasem en haar been lig op en beweeg en beweeg en o liewe ouers enige sekonde nou jy vergeet heeltemal om jou pynappelbier te drink hier is dit staan by manne daaaaaaaar is diiiiiii..... en Eskom beurtkrag jou. Fok. In Tula, ongeveer 200 kilometer Suid van Moskou het 'n verpleegster in 'n saal vir Corona pasiënte haar deursky...

Dag 55 van die grendelstaat

Ek weet eintlik nie of dit is nie. Ek hou nie meer by nie so ek raai eintlik en hoop vir die beste. Kom ons aanvaar goedsmoeds dit is inderdaad dag 55. Die Romeinse ryk van desjare, lank voor SA politici glad nie op televisie gepoep het nie, het 'n reeks baie wyse mense opgelewer. Hulle was nie noodwendig altyd vreeslik aangenaam nie, veral as jy sou navraag doen onder die ander stamme wat slaags geraak het met hulle, maar hulle het nogal 'n manier gehad om dinge in perspektief te stel. Een van hulle was Marcus Aurelius. Hy het 'n goeie een kwytgeraak. Nee, nie 'n windjie nie... "The object of life is not to side with the majority, but rather the object of life is to escape finding oneself joy in the ranks of the clinically insane." Dit is vir my so toepaslik in hierdie tyd. Dalk selfs meer as normaalweg. Want die hoofstroom is mos altyd reg. Aldus hulle oortuigings is hulle in elk geval. Maar die feit van die saak is dit - die hoofstroom is nie a...

Covid Chronicles

South African politicians are nothing if not entertaining. Often not in a good way, but every now and again one surprises you. The Eastern Cape MEC for health is so healthy that she farted out loud during a live SABS news interview. Once could actually see the fart bubbling up - by her facial expression. When she realised it's coming out come hell or high water, her eyes indicated a fleeting glimpse of the inner struggle between sphincter and brain, knowing the fight was lost before it even began. And out it came. On teevee. Nogal. I actually felt sorry for the poor woman. In Afrikaans we would say it was kaksnaaks. Japan dishes up it's own share of special. Gamer Grandma is a 90 year old Youtuber, with 256 000 followers on her Youtube channel. She started gaming almost 40 years ago. Hamako Mori isn't just the oldest Youtuber in the world, she is by far the coollest! Her video's get millions of views, and her razor sharp sense of humour is enjoyed by many. Sh...