Dag 60 van die grendelstaat
Dalk klink D-Dag plus 1 beter.
Ons speel die week almal stokvel sodat ons genoeg geld kan probeer kry vir brannas op 1 Junie. Nou raak dinge ernstig - die buurman het vanoggend sy slaapsak op die grasperk oopgerol sodat hy kan lug kry. Hy reken synde ons dan nie meer in die donker opgesluit sal word nie wil hy sommer voor Tops loop kamp opslaan sodat hy eerste kan instorm.
Toe ek hom vra wat gebeur as hy verslaap kon hy my nie antwoord nie. Hy het net begin huil. "Dit mag nie gebeur nie buurman, fok weet as ek nog langer pynappelbier suip gaan ek aandring lat die corona my vat!"
Die spanning loop hoog. Die dors is erg. Tops beter genoeg voorraad hê - julle al gesien wat gebeur as dorstige manne wat boonop dae laas 'n rokie gemaak het lank toustaan net om te hoor die drank is op? Oorloë is al begin vir minder as dit.
Ten minste mag ons nou wegneem etes by restaurante bestel. Ek is egter altyd skugter om 'n biefstuk in 'n kartondoos te ontvang want teen die tyd wat jy hom kry is dit moeilik om te bepaal wat is vleis en wat is doos.
Polistireen bakkies help ook nie - as 'n man honger is wil jy dadelik sny en begin eet, daar is nie nog tyd vir borde en sulke ordentlikhede nie. Maar na een sny loop die sous op jou nuwe gebreide winterpantoffels uit. Dit lol want dan gaan Wagter die goed opvreet selfs al was jy dit. Kaalvoete en winter is nie maats nie.
Star Wars. Die eerste rolprent in die reeks wat net nog nooit opgehou het nie, is op hierdie dag in 1977 vrygestel. Ek wonder of Han Solo destyds besef het dat sy naam in 2020 mildelik misbruik sal word deur hordes mense wat alleen die inkerkering deurgaan, wat hom sederdien herdoop het na Hand Solo.
Ons mag vir besigheid vlieg. Nie in ons moer in nie, net binnelands. Maar ons mag nie oor provinsiale grense nie. Dit skep 'n interessante konundrum. Hoe lank vlieg Kulula van Wonderboom lughawe na Grand Central in Midrand? Sal daar middagete op die vlug bedien word?
Die heel beste nuus is dat ons nou weer plakkies en t-hemde mag koop. Selfs die met kort moue. Maar ons mag dit net koop as ons maskers het. Sodat die kassiere jou nie kan uitken op 'n parade na die tyd nie skat ek. Dit lyk egter nie of ons al draaibraai hoenders by Woollies mag koop nie. Seker versigtig die hoenders hoes op mense. Hallo - braai hom dan net langer! As jy nog geld oorhet, en dit nie alles op drank gaan uitgee die 1ste Junie nie, kan jy 'n skottelgoedwasser koop. Dan het jy meer tyd om Netflix te kyk. Die minister dink ook aan alles. Gaaf van hom.
Ek verneem daar word 'n optog beplan om te protesteer teen die verbod op rookgoed. Ek rook nie maar ek hou van die idee. Ek hoop net dis 'n baie kort optog roete met geen bulte nie. Jy weet hoe hyg 'n ou roker soos 'n oorgrootte blaasbalk wat heldhaftig probeer om 'n braai vuur aan die gang te kry in 'n sterk wind. Dit help veel hulle kom by die bestemming aan en niemand het genoeg kapasiteit oor om te praat nie.
Die vlakke van woede kompeteer met die vlakke van depressie op dag 60. Ons emosies is al behoorlk rou geskaaf. Dis goed om kwaad te wees - dis beter as om dit te onderdruk. Maar dit moet ook met
n stewige dosis realiteit gepaard gaan, alvorens jy die pad heeltemal byster raak. Woede wat nie bestuur word nie maak jou dom. En dis gevaarlik. Plus - daar is ook 'n tweede golf aan verbonde.
"An angry man is again angry with himself when he returns to reason."
- Publilius Syrus (85BC - 43 BC)

Comments