Dag 56 van die grendelstaat
Moeilik om te glo Januarie 2020 was slegs sewe jaar gelede.
Die ademlose gewag vir die ekonomie om oop te maak herinner sterk aan die bene kruis toneel van Sharon Stone in Basic lnstinct in 1992 as jy die fliek vir die 20e keer weer kyk. Net om seker te maak jy mis niks nie. Want jy is 'n deeglike mens. Reg? Reg!
Jy sit later op die punt van jou stoel en bewe so dat jy pynappelbier op die kat mors en die kat skrik so groot dat hy 'n haarbol op jou nuwe gehekelde pantoffels uitkots en sodra dit uiteindelik by daardie historiese toneel kom en sy begin haar bene kruis en jy weet wat volgende gebeur en jou bolip begin sweet en jy raak skoon kortasem en haar been lig op en beweeg en beweeg en o liewe ouers enige sekonde nou jy vergeet heeltemal om jou pynappelbier te drink hier is dit staan by manne daaaaaaaar is diiiiiii..... en Eskom beurtkrag jou.
Fok.
In Tula, ongeveer 200 kilometer Suid van Moskou het 'n verpleegster in 'n saal vir Corona pasiënte haar deurskynende beskermende drag aangetrek met slegs onderklere onder dit. Sy het glo te warm gekry. Die verpleegster is deur bestuur aangespreek omdat sy dragregulasies verbreek het.
Sedert die voorval het Tula se Covid gevalle egter binne drie dae gestyg met meer as 2500 persent en daar staan 'n ry manne vier blokke lank wat aandring daarop dat hulle opgeneem moet word.
In Aylesbury in Engeland drink Tracy Kiss 3 keer per week 'n stewige enkel doppie wat aldus haar keer dat sy Corona kry. Haar kêrel maak Maandae, Woensdae en Vrydae nie vir haar koffie in die bed nie. Nee, hy neem 'n glasie badkamer toe waar hy 'n solovlug doen en dan neem sy die resultaatglasie en sluk dit af soos 'n bleekwit Melktertjie.
Blykbaar wil Corona glad nie naby haar kom nie.
Laat hy val waar hy wil.
Riaan Coetzee
Kopiereg
21 Mei 2020
Kopiereg
21 Mei 2020
Comments