Dag 57 van die grendelstaat
Sy is die gevriesde botter vir ons varsgebakte brood;
Sy is die kasterolie vir ons nood;
Sy is die kraaines in ons katrolle;
Sy is die turksvy in ons holle;
Sy is die vyfde wiel aan ons wa...
Sy is die berugte Mevrou Dlamini-Zuma.
Hande op vir die wenner van die ongewildste Gauleiter ooit. Skuus ek bedoel natuurlik minister.
Ons weet die minister van hoedens gaan goeie kompetisie wees. En die minster van warm hoender gaan hom besig hou want hy wil vreeslik graag die kompetisie wen. Maar beide hierdie twee potensiële kampioene sal moet uithaal en wys om by die minister van zol uit te kom. Sy is die Bolt van hierdie 100 meter finaal.
Na vandag se bekendmaking van haar argument dat wettige sigarette en drank eers in fase 1 van die inkerkering beskikbaar moet wees, is sy beslis die voorloper in hierdie resies.
Gelukkig is dit Vrydag! Naweek! Fantasties! Behalwe dat dit presies net soos enige ander dag van die week voel. So daar is dit.
En gelukkig is die polieste besig om te wen teen al die honderde duisende splinternuwe kriminele - die minister van hoedens spog alte lekker dat hulle al tweehonderd en dertig duisend van hulle gevang en aangekla het. Rokers wat skelm sigarette koop. Drinkers wat skelm drank koop. Branderplankryers. Strandlopers. Hondestappers. Na nege drawwers. Die lys is lank - die kriminele is baie. Die minister is ernstig - hy sal geen krimineel ongeskonde laat verbygaan soos 'n leë nagmaalbeker nie!
Daardie eer is slegs vir regte kriminele beskore.
Ek voel so veilig. Al daai kriminele. Magtag minister - jy maak my so dankbaar as julle die strate so veilig maak.
Die Sweedse meubelvervaardiger IKEA beplan om 18 van hulle winkels in Brittanje oop te maak vanaf 1 Junie. Maar geen familie uitstappies nie hoor! Slegs een grootmens en een kind per huishouding sal toegelaat word. Daarbenewens sal hulle 'n nuwe beroep skep deur Sosiale Afstand Bewaarders aan te stel om vir hulle kliënte te vertel waar om te staan, waar om te loop, waar om te sit en hoe ver van mekaar af hulle moet wees te alle tye.
Uiteindelik gaan die Karens van die wêreld tot hulle volle reg kan kom. Nou kan hulle betaal word vir hulle tyd om hulle neuse in ander se sake te druk.
Switserland is nou een plek wat omgee. Hulle regering gaan wynvervaardigers 10 miljoen Euro gee om wyn wat nie verkoop kon word tydens hulle grendelstaat nie, om te skep in goedkoop dooswyn.
Goed, goed ons almal weet die Switserse burgers sal in hulle dag des lewens nie dooswyn drink nie. So dit sal waarskynlik eerder goedkoop tafelwyn wees. Maar dis steeds 'n goeie idee. Nou kan die tafels ook gesellig saam drink.
O ja - en Kim Jong-un is toe al die tyd nogsteeds met ons. Onkruid vergaan inderdaad nie.
In die Suide van Frankryk het die dapper Franse soveel druk toegepas dat die strand by La Grande-Motte die wit vlag gehys het en verklaar het dat hy van vandag af weer oop sal maak vir mense wat wil sonbaai. Wie het kon dink dat selfs hulle strande so maklik oorgee.
Maar jy moet elektronies vir jou 'n plekkie in die son boek, aanlyn nogal. En blykbaar moet die dames wat kaalbolyf wil sonbaai eers foto's stuur wanneer hulle die bespreking doen sodat amptenare kan bepaal wie "kwalifiseer" om uit te haal en te wys.
Nie regtig nie maar dis 'n beter pligstaat as om op ander mense te klik reg? Reg!
En wat jy ookal doen, moenie in jou kar of buite rook sonder die kwitansie vir daai sigaret as jy nie wil geskop en gedonnor word nie.
Ons braai dat die rook draai.
Riaan Coetzee
Kopiereg
22 Mei 2020

Comments