Posts

Dag 23 van die Grendelstaat

Ons is Hokbefok Jou Honour. Ons veg. Ons veg oor die polisie, ons veg oor die weermag, ons veg oor drank, ons veg oor sigarette, ons veg oor Trump, ons veg oor wie het die beste statistieke vir Covid, ons veg oor wie se skuld dit is, ons veg oor mense wat op hulle maatjies klik by die regering, ons veg oor alles. Maar eintlik veg ons teen onsself. Dis ‘n Covid fenomeen  – sluit genoeg mense vir lank genoeg in hulle huise toe en ontneem hulle al hulle regte. Maak dit erger deur vir hulle voor te skryf dat hulle nie mag drank en hulle gunsteling gifpyle koop nie. Hou hulle weg van inkomste af. Hang die doodskadu oor hulle koppe met ‘n virus. Of die idee van ‘n virus. Of watookal jy wil hê dit moet wees. Dis genoeg om enige iemand gek te maak. Dit doen. En dit wys. Jy hoef net ‘n uur op sosiale media te spandeer om te besef hoe mense uitgemergel is deur hierdie spook van onsekerheid en angs en senuwees. Die slim mense met wit jasse en dik brille reken die rouproses ...

Dag 22 van die Grendelstaat

Kry julle ook sulke interessante dog vreeslike vreemde drome? My vriend Gideon het ‘n papegaai. Een van daai grys geveerdes wat so lekker praat. Ek droom toe ek en die voël beland saam in ‘n kroeg in Calvinia. Ek weet nie hoekom daar nie, ek was nog nooit daar nie. Maar daar sit ons twee. Ons kyk vir mekaar. Die voël krys, “Hallo". Wel dis ‘n normale begin, dink ek, al sit hy langs my. In ‘n kroeg. In Calvinia. “Hallo” antwoord ek. “Soek jy ‘n cracker?” Stilte. Ek kou ‘n handvol grondboontjies. Girts girts girts kners dit in my mond. “Wat?” mompel ek al om die grondbone. “Jou moer” reken die papegaai. Ek verstik byna. “Ek is dors” raak hy kwyt, “Koop vir ons ‘n bier ek wil met jou gesels. My naam is Okkie, net dat jy weet.” Dawerende stilte. “Wat?” vra Okkie vir my. “Wat???!!!” roep die kroegman. “Ekskuus my?!” vra ek ook maar. “Jy praat dan met jou voël!” kry die kroegman uit. “WAT??!!!” skree ek geskok terug. “Hou jy jou neus uit ons sake uit” ...

Dag 21 van die Grendelstaat

Image
Die einde van die begin. Nee wag – die begin en die einde. Die einde maar die begin. Watookal. Julle weet wat ek probeer kwytraak. Dis so deurmekaar soos ‘n hawelose man onder huisarres. Vandag was ek bloot net moerig en omgekrap en gatvol. En verlore. Ek het reeds uitgewerk dat sulke dae ook gaan gebeur, waar jy voel soos die vergete bottel bier wat agtergebly het nadat die polisie ‘n klopjag op ‘n onwettige drinkgat uitgevoer het. Toe besluit ek alles se moer – ek gaan wildtuin toe. Ek pak toe ‘n paar peuselgoed, klomp geelvet biltong, genoeg water, my fles varsgeroostede Boeretroos, verkyker en kaart en ek sit af Orpen hek toe. Die gevoel om by een van die Kruger Wildtuin se hekke in te ry is vir my ‘n magiese een. Ek weet ek ry nou my gunsteling plek op aarde binne, dit laat die opgewondenheid letterlik oorkook. Ek kan beswaarlik wag om by hulle kantoor uit te stap nadat ek betaal het sodat ek net deur daardie poorte kan inry en voel hoe die wêreld se probleme van my skoue...

Dag 20 van Grendelstaat

Image
My hart dink nogsteeds dis die voorlaaste dag. My brein is ‘n ander storie – hy kan nie ophou lag vir my hart nie. My binnekant is seker ‘n donnerse sirkus! Ek het gedink ek is nou al min of meer gewoond aan die nuwe stadstilte. Tot 20 oor 5 vanoggend toe die einste stilte my wakker forseer. My brein het ‘n rukkie geneem om te besef wat aangaan, so duidelik het ek vir ‘n verandering diep geslaap. Dis ‘n bonus. En mens moet nou elke bonus vat wat aan jou geskenk word. Toe staan ek maar op en loop spring in die swembad. Die water begin darem nou nader aan my tipe temperatuur staan, so ek moet darem al so effe begin veg teen die asemsnak ding as ek inloop. Dan raak dit lekker. Mense dink ek is mal. Ek dink weer almal wat dit nie doen nie is. Die waarheid is seker dat ons almal mal is. Dit was briljant, soos altyd, om in die koue water te staan en te voel hoe my brein alles afsny en net fokus om asem te haal en my lyf warm te hou. Daar is iets so primitief in hierdie aksie dat...

Dag 19 van die Grendelstaat

Image
Die tye verander. Die wêreld soos ons hom geken het verander. Die ekonomie verander. Die hele gesig van besigheid gaan waarskynlik verander. The Times They Are a-Changin' “Come gather 'round, people Wherever you roam And admit that the waters Around you have grown And accept it that soon You'll be drenched to the bone If your time to you is worth savin' And you better start swimmin' Or you'll sink like a stone For the times they are a-changin'” -           Bob Dylan Dalk, hopelik, gaan mense ook verander. Ten goede. Alhoewel ek soms twyfel daaroor as ek so kyk na die venyn en nydigheid, veral op sosiale media. Aan die ander kant weer kyk en luister ek na die mense wat ek persoonlik ken - ek hoor die bekommernis en onsekerheid. Maar ek hoor ook die omgee, ek hoor die suiwerheid van hulle harte. Ek hoor hoe hulle kos aandra vir die buurman wat alleen bly en nogsteeds moet werk in die tyd. Ek ervaar die w...

Dag 18 van die grendelstaat

Sun Tzu noem in sy boek The Art Of War dat die perfekte oorlog een is waar jou vyand oorwin is voordat hy dit nog besef, en sonder dat een enkele skoot afgevuur is. Wie wen hierdie Covid oorlog?. Almal spekuleer ewe hard. En almal is oortuig hulle is reg, maar die feit is dat niemand regtig weet nie. Ons raai maar net saam. Is dit die Illuminati? Trump? Gates? 5G? Jan? Die virus? Die Sjinese regering? Jan...? Jan jou bliksem!! Die hele wêreld voel op sy kop gekeer. Dit weet ons ten minste met sekerheid weet. Vir nou. Daarbenewens sleep die grendelstaat voort met geen besliste einde in sig nie. Genadeloos, geen uitkoms, bloot net die dae wat opeenvolg en ineenvloei soos water. Die mensdom hang rond soos ingehokte huisvlieë. Ons wag. Wag dat ons 'n versekerde einde kan kry. Wag dat ons kan begin die stukke optel. Wag dat ons kan begin verstaan hoe die nuwe wêreld daar uitsien Na-Covid, wag dat ons kan bepaal wat werklik oor is en waarmee ons nog kan werk en herbou. ...

Dag 17 van die Grendelstaat

Image
Covid het duidelik nie ons kort aandag periode verbeter nie. Net toe ek gedink het ons sink nog dieper die malput in, begin ek waarneem dat al meer mense weer besig raak om plasings oor Trump te maak. Die spesifieke onderwerp het natuurlik al ‘n kultuur van sy eie geraak so ek vermoed dit moet verblydend wees dat mense weer kans sien om oor hom te veg in plaas van Covid. Ek probeer nog net verstaan of dit ‘n silwer of ‘n oranje wolkrandjie is. Covid blyk wel ‘n paar ingekerkerde culture te verander. Die hele ding waar bekendes en beroemdes soos Hollywood akteurs, kits Instagram modelle en ander miljardêr musici vir die mensdom die pas aangetoon het is skynbaar besig om uit te sterf. Hulle sit algar ook in hulle paleise vasgevang, maar is so smagtend na aandag dat hulle nogsteeds vir hulle aanhangers video’s stuur vanuit baddens so groot soos sitkamers en sitkamers so groot soos vliegdekskepe. Sterk wees vriende, ons ly saam met julle. Hou dop hoe manmoedig ons die hele sit...