Dag 11 van die Grendelstaat
Die jaar toe ons maskers moes begin maskers dra. Sosiale media is lekker. Elkeen kan daar voorgee hy of sy is die mooiste, slimste, mees seksie, rykste, plooilose, gryshaar lose, mees ingeligte, oulikste mens op aarde. Kompleet met daai irriterende eendjie bek wat hoogmode gemaak is deur waarskynlik een of ander oornag Instagram model. Jy weet, daai een waar jy poseer vir ‘n selfie en jou bek so ‘n tuit trek laat dit lyk soos ‘n hoenderpoepholletjie. Hierdie enetjie gaat Kimberley toe meneer, en hierdie enetjie gaat Kaapstad toe. Skuus ou Leon, daardie fantastiese stukkie humor in een van jou ou flieks spring nou skielik hier in my gedagtes in. Dalk wil ons net graag soos Daffy Duck lyk. Maskers. Sosiale media het die ruimte geskep vir maskers, sodat ons aanlyn ‘n teenwoordigheid kan skep wat ons in so baie gevalle na iemand laat lyk wat min of glad nie ooreenkom met die regte persoon nie. Ek self wys maar ‘n klein deel van die eie ek op my sosiale media. In die regte ...