Dag 31 van die grendelstaat
Is
Kim Jong Un regtig oorlede?
Dit is die vraag op almal se lippe. Maar Noord Korea is stiller as ‘n dronk man wat 3 uur die volgende oggend in sy huis probeer insluip sonder om vir Mamma wakker te maak. Ons sal weldra uitvind of hulle meer suksesvol is.
Hierdie scenario kom uiteraard uit ‘n era voor ons inkerkering begin het. Die dronk mense is al die afgelope 5 weke heeltyd by die huis en die wat teen die tyd nogsteeds drank oor het hou dit maar betreklik stil - netnou dink ons hulle was paniekkopers.
Om doodeerlik te wees is die vraag oor Kim Jong Un meer op die res van die wêreld se lippe – in Suid Afrika stry ons eers klaar oor die president, sy masker, wie mag werk volgende week en wie nie, of Trump wil hê almal moet skoonmaakmiddels drink en die Corona uitskeit, en of Karen alweer die polisie gebel het.
Dit raak al hoe lekkerder.
Niemand weet dus werklik nie, maar die internet gons so hard dat ‘n swerm bye klink asof hulle in ‘n silent movie speel.
Gelukkig mag ons almal nou maskers prakseer synde ons dit van 1 Mei af blykbaar moet dra as ons winkels toe gaan of werk toe gaan (dis nou diegene wat toestemming gekry het van die regering om weer inkomste te mag begin verdien) en as ons nie oplet in die klas nie, dalk eersdaags toilet toe ook.
Wat dalk nie ‘n slegte idee is as jy die vorige aand enige iets met bone gehad het vir aandete nie of jou pad probeer oopluister het deur sommige ministers se media aanbiedinge om meer helderheid aan die troebel waters te verleen nie. Dis genoeg om enige iemand se maag om te krap.
As jy maskers bou mag jy dalk ryk word uit hierdie katastrofe uit. In die vorige eeu was daar volstruis baronne. Die 2020 baronne mag dalk net masker baronne wees.
Kan ek net asseblief ‘n masker kry met ‘n duidelike middelvinger op asseblief en dankie.
Ons beker van geluk loop oor – ons is opgegradeer na Vlak 4 toe. Beteken dit dus ons is nou Vlak 4 Rommelstatus?
Kry ons ‘n beloning vir elke nuwe vlak wat bereik word? Ek vra namens ‘n vriend.
Van 1 Mei af mag plantasiewerkers en myne ook glo weer begin werk. Die enigste probleem is dat hulle nie op die plantasie woon nie, maar die hele land vol en nie oor provinsiale grense mag reis nie. Daar lê dus heelwat kopkrap voor. Sterkte manne, ek is seker julle is ten minste dankbaar. Al gaan dit ‘n storie en ‘n half wees om by al die padblokkades te verduidelik jy gaan terug werk toe.
Die poskantoor mag weer werk. Almal probeer nou net onthou of hulle al ooit hierdie dekade gewerk het.
Uiteindelik mag die dames darem weer mooimaak produkte koop – so ons moet die laaste fotos geniet in hulle natuurlike staat. Dis jammer, die skoongesig foto’s is dierbaar en mooi.
Jy mag weer jou trollies vol pak met al die produkte in Spar wat die afgelope 5 weke afgesper was met versperbande asof dit 'n moordtoneel is. Dit laat mens wonder of die paniekkopers in volgende week gaan fokus op goed soos haardroeërs. Hoe dit ookal sy, heelwat mense gaan groot trollies gebruik vir 1 Mei se strooptog.
Kooptog! Ek bedoel kooptog.
As jou selfoon egter in die tyd breek is jy nogsteeds geskroef. Hoop jy ken nog morsekode. En jy mag blykbaar ook nog nie rondbeweeg om vriende en familie te sien nie. Die drukkies sal dus moet wag totdat ons toestemming kry daarvoor.
Gelukkig mag die rokers dan weer hulle twakkies aankoop. Dan kan hulle darem saam kla oor drank want die is steeds streng verbode. Die duiwel woon glo in brandewynvate. Die bliksem!
Moet net nie die beplande aandklokreël verbreek nie. Onthou sommer om toestemming te vra voor jy gaan piepie.
Niemand het gesê grendelstate gaan nie propvol verassings wees nie.
Die res van ons? Wel ons grendelstaat duur maar steeds voort. Wie weet wanneer die regering so gaaf gaan wees om ons ook weer te laat poog om geld te verdien. Hopelik voor Kersfees, want teen hierdie tempo gaan Kersfees 2020 ‘n droewige affêre wees, selfs al begin hulle Little Drummer Boy reeds in Junie in sentrums speel.
Ons lewe in ewige hoop.
Riaan Coetzee
Kopiereg
26 April 2020

Comments