Dag 25 van die grendelstaat
Daar is 440 vuurhoutjies in 'n vol pakkie met 10 boksies.
Moenie eers vra hoe de moer ek dit weet nie.
Aanvaar dit net.
Dis een van daai dae.
Mens kan die gatvolgeit aanvoel, dit hang soos 'n swaar wolkombers oor alles. Die huis, die straat, die buurt, die hele land. Dit maak jou teneergedruk en laat jou verlang na alles en almal.
As mens egter kla word jy vinnig tereggewys deur wyshere en 'n Karin of twee dat ons niks het om oor te kla nie, daar is mense wat nie kos het nie en moet stap vir vars water en ons moet hierdie tyd gebruik om onsself te verbeter en wel, basies is enige iemand wat kla een of ander lamsak met 'n vol maag en 'n leë bankrekening. Of iets.
Daar is tye wat jy vir diesulkes net die betekenis van die Koue Skouer moet tentoonstel. Mens het nie sulke negatiwiteit in jou lewe nodig nie.
Want meeste van ons wis dit wel, dis net jy wat dink ons is benede jou intellek om sulke verbysterende waarhede te ontbloot en in te neem.
En hier is die wonderlike nuus - daar is toe inderdaad geen wet wat bepaal dat ons nie nogsteeds gatvol kan word nie.
Regte mense het emosies. Robotte het nie. En jy mevrou Volmaak, is nie 'n donnerse robot nie.
Jy is mens nes die res van ons, jy lieg waarskynlik net beter. Maar vir jouself.
Die res van ons gewone sterflinge trek maar net elke dag die stoute skoene aan en tel ons koppies op en durf die nuwe dag aan so goed ons kan. Jy kyk dalk na ons met ogies wat op skrefies getrek is en pruil jou bekkie afwaarts om jou misnoeë met ons swakkelinge te kommunikeer maar jy is nie die alfa en die omega van ons persoonlike heelal nie. Jy dink net jy is.
Die sterkstes onder ons staan pa vir hulle emosies. Hulle aanvaar dat hulle nie elke dag ewe sterk gaan wees nie. Hulle skuil nie agter 'n kleed van pretensie nie. Hulle vat die rowwe dae saam met die goeies en hanteer dit net so goed hulle kan. Soms faal hulle, soms onttrek hulle net vir 'n dag of twee van alles en almal af en stoei met hulle siele, maak voorbrande teen die onmin, die hartseer, die woede, die verlange, die onsekerheid. En gooi dan water oor om alles onder beheer te kry sodat hulle die volgende dag weer opnuut met 'n glinster in die oog kan aanpak.
Sommige dae is jou blus net uit. En dit is in orde.
Jy hoef regtig nie daaroor skaam of sleg te voel nie. Nie eers onder normale omstandighede nie, en hierdie tyd is alles behalwe normaal.
Moet dus nie dat die vurige plasings op sosiale media wat heldhaftig uitbassuin hoe braaf jy veronderstel is om te wees, en hoe jy sterker moet wees, en taaier, en beter, en slimmer te werk moet gaan, jou gemoedstreintjie laat ontspoor nie. Grotendeels is dit maar net mense wat wegkruip en dalk nie weet hoe om gemaklik met hulle emosies om te gaan nie, of 'n skyn voorhou. Hulle is die laaste van die Great Pretenders.
Jy hoef nie altyd taai te wees nie, of braaf of veglustig nie. Jy hoef nie elke dag 'n glimlag op te plak nie.
Soms kan jy net vir jouself erken - nie vandag nie. Die werklike wenners is diegene wat sterker bly terugkom, nie die wat bly voorgee nie.
Vandag tel ek vuurhoutjies - en moet my nie pla nie.
Dis bloot net die regte ding om te moet doen.
Riaan Coetzee
Kopiereg
19 April 2020

Comments