Dag 81 van die grendelstaat
Opgedra aan Dame Vera Lynn CH DBE OStJ.
"We'll meet again
Don't know where
Don't know when
But I know we'll meet again some sunny day
Keep smiling through
Just like you always do
'Till the blue skies drive the dark clouds far away
So will you please say hello
To the folks that I know
Tell them I won't be long
They'll be happy to know
That as you saw me go
I was singing this song
We'll meet again
Don't know where
Don't know when
But I know we'll meet again some sunny day…"
Don't know where
Don't know when
But I know we'll meet again some sunny day
Keep smiling through
Just like you always do
'Till the blue skies drive the dark clouds far away
So will you please say hello
To the folks that I know
Tell them I won't be long
They'll be happy to know
That as you saw me go
I was singing this song
We'll meet again
Don't know where
Don't know when
But I know we'll meet again some sunny day…"
Vera Lynn - 1939
Gebore 20 Maart 1917. Oorbeweeg na die Groot Verhoog op 18 Junie 2020 op die rype ouderdom van 103 jaar.
Die soldate op 'n verskeidenheid gevegsfronte gedurende die Tweede Wêreldoorlog was waarskynlik almal ietwat verlief op Vera. Haar alombekende liedjie We'll Meet Again het haar nie net wêreldbekend gemaak nie, maar het ook 'n semi "volkslied" geword gedurende die oorlogsjare. Dit het 'n boodskap van hoop en moed en aanhouer wen by miljoene luisteraars aan die Geallieerde kant ingeboesem, veral onder die Britte. Haar troetelnaam was die "Forces Sweetheart".
Op die ouderdom van slegs 7 jaar het sy al begin optree in klubs en het vinnig baie gewild geraak met haar pragtige stem. Sy het vinnig haar familie se hoof broodwinner geword. Toe sy 11 jaar oud word neem sy haar ouma se van aan - Lynn - ten einde dit as verhoognaam te kan gebruik. In 1936, ouderdom 19, bring sy haar heel eerste solo plaat uit - Up the Wooden Hill to Bedfordshire.
Teen die tyd wat sy 22 geword het, het sy reeds meer as 'n miljoen plate verkoop, en was in staat om vir haar ouers 'n nuwe huis geskenk te gee, en om haarself met 'n nuwe motor te bederf. Die reputasie wat haar vir die res van haar lewe sou vestig as een van die eeu se groot name, is egter gedurende die wêreldoorlogjare vasgemaak.
Haar optredes vir die troepe het haar letterlik die wêreld vol gevat - van Burma (vandag Myanmar) tot Indië en Egipte. By tye moes sy in grashutte tuisgaan en met 'n emmer stort, so van weelde was daar nie werklik ter sprake nie. Maar sy het dit as haar missie gesien om die troepe te vermaak, so sy het die ongerief eenvoudig aanvaar en haar beste gelewer. Soveel so dat sy bo Bing Crosby en Judy Garland aangewys is as die Britse Ekspedisiemagte se gunsteling sangeres.
In 1941 trou sy en Harry Lewis, en een dogter - Virginia - is uit die huwelik gebore. Hulle het tot Harry se dood in 1999 saam in Ditchling gewoon, in die ooste van Sussex. Haar liedjies is na die oorlog steeds gereeld gehoor tot in die sewentigerjare. In die heel eerste Britse enkelliedjie ranglys in 1952 beklee Vera drie van die top 12 plekke.
Haar heel laaste album is in 2017 vrygestel, en daarmee word sy die heel oudste kunstenaar om 'n Top 20 album in die verenigde Koningkryk te bereik.
Vir haar honderste verjaardag in 2017 het die Britse Monarg aan haar geskryf, "You cheered and uplifted us all in the war and after the war, and I am sure that this evening the blue birds of Dover will be flying over to wish you a happy anniversary."
Briewe van ondersteuners het van oral oor die wêreld ingestroom om haar geluk te wens, amper 80 jaar nadat sy 'n werklike groot naam in die musiekbedryf geword het.
Vera het inderdaad 'n merkwaardige loopbaan en lewe gehad. Haar afsterwe laat 'n besliste leemte in baie ondersteuners se harte. Hier was nou werklik 'n roemryke pionier wat met haar suiwer stem verseker het dat generasies mense regoor die wêreld haar nooit sal vergeet nie.
Rus in vrede Tannie Vera.
We'll meet again.
Riaan Coetzee
Kopiereg
18 Junie 2020
Kopiereg
18 Junie 2020
Comments