Dag 76 van die grendelstaat
My muse struikel. Om die waarheid te sê het hy oor sy nommer 11 voete geval en homself desmoers gestamp teen 'n ou krat wat eens op 'n tyd pynappels bevat het. So die muse is gekneus.
Dis nie altyd maklik om elke dag met 'n stukkie vorendag te kom nie. Dis harder werk as wat mens besef. Sommige dae vloei dit net soos wyn uit 'n gebarste wynsak. Ander dae moet jy die outjie letterlik Brein Brooklax voer voor hy aan die gang kom.
Gister was so 'n dag. Die enigste beweging tussen my ore was die bloed wat - gelukkig - bly sirkuleer het.
Die 12de Junie sal waarskynlik altyd aan 'n heer met die naam Simpson gekoppel word. Maar nie Bart nie, nee. OJ. Dit was op die dag in 1994 waarop Nicole Brown Simpson en Ronald Goldman wreed vermoor is in Los Angeles. Die hofsaak teen OJ het wêreldwyd aandag getrek.
In 1923 bevry Harry Houdini homself uit 'n maljassie uit terwyl hy 12 meter in die lug hang, onderstebo, in New York. Julle ken mos 'n maljassie? Daai wittetetjies wat voor vasmaak sodat jy nie in jou neus kan krap nie. Ek sou graag wou sien hoe ou Harry homself uit hierdie 2020 gemors sou bevry het - dalk kon hy ons almal adviseer het in die opsig.
In 1931 word Al Capone amptelik deur die regstelsel beskuldig van 5000 klagtes wat onder ander meineed insluit. In 2020 word ons geseën met 'n minister wat Al se hoed in 'n museum ontdek het. Die res is geskiedenis.
Van vindingrykheid gepraat - in die Oos Kaap is die politici bewend van opwinding oor hulle nuutste skepping. Motorfietse wat met beddens toegerus is om Covid pasiënte in onherbergsame gebiede op te tel en by hospitale uit te kry. Ek verneem vertroulik dat pasiënte ook bewe, maar omdat hulle weet hulle gaan dood wees aan ontbering van koue lank voor hulle die hospitaal nog sien.
Suid Afrikaners bewe van die koue. Hulle bewe ook omdat hulle bang is die regering gaan die verkoop van drank weer verbied en hulle dalk gedwing gaan word om weer 'n krat donnerse pynappels te gaan aanskaf.
In Seattle het Antifa 'n gedeelte van die middestad oorgeneem, die polisie uitgejaag, Trump se resep gevolg en die plek afgesper sonder om die ironie te besef, en hulleself as 'n onafhanklike staat verklaar. CHAZ, oftewel Capitol Hill Autonomous Zone, het teen dag 2 noodroepe uitgestuur vir Vegan maaltye synde hulle uit kos uit gehardloop het. Hulle het opgemaak vir die oorsig deur 'n veldheer aan te stel om oor hulle die septer te swaai.
Dit is verblydend om te weet dat daar ten minste een plek in die wêreld is wat 'n swakker regering het as SA.
Lekker CHAZ!
Riaan Coetzee
Kopiereg
12 Junie 2020

Comments