Dag 94 van die grendelstaat
Ons het nie regtig baie pakslae gekry toe ons kinders was nie. Ma het meestal die nodige gedoen, en tussenin, as dinge hand uit geruk het, het die Groot Bul se hulp bygekom vir die regstellende aksie.
Daarvoor het ons maar lig geloop, want jy het geweet daarvan.
Ma was 'n vreeslik liefdevolle mens en ek dink nie die pakke slae elke dan en wan het te goed by haar afgegaan nie. Inteendeel ek dink sy het waarskynlik seerder as ons gekry en agterna het sy vreeslik getroos.
Soos ek groter geword het, het ek een goeie dag besef ek is nou langer as my Ma. En ook sterker. Dit het aan my 'n natuurlike gebiedsvoordeel verskaf, en soos enige goeie tiener betaam het ek mildelik misbruik gemaak daarvan. Toe my liewe Ma se eindelose frustrasie.
Want elke keer as sy my wil neuk het ek eenvoudig haar hande vasgehou en dit was dit. Ek is maar bly sy het nie in selfverdediging gespesialiseer nie want dan sou sy waarskynlik uit frustrasie uit met die knieg of kop ingeklim het om my op my plek te sit. Mens vat elke voordeel wat jy kan kry.
Een goeie dag egter, het sy my voorgespring en voor ek nog kon keer toe klap die gordel oor my bene en my gat. Sy was 'n kwaai mamma in daardie oomblik, en sy het geweet dis net 'n kwessie van sekondes voor ek haar hande weer vasgryp so sy moes laat loop. Ek kan glad nie onthou wat ek aangevang het nie. Ek het nogal baie aangevang.
Die spesifieke gordel het 'n effe anderster gespe gehad in dat dit nie die los knippie gehad het wat jy deur die gordel se verstelgaatjies gedruk het nie. Die een s'n was deel van die gespe en het effe herinner aan 'n koei se speen.
In haar haas om my darem bietjie gemoer te kry voor ek haar hande begin vashou het sy die gordel verkeerd om gegryp, so sy roer my toe sommer met die gespe! Toegegee, dit was nie vreeslik seer nie maar jy weet mos hoe vinnig leer jy as kind om soveel as moontlik drama in jou lewe se toneelstukke in te bring.
Die gaping kom toe met die vierde hou toe die gespe se speen my vel bo my knieg deurboor. Haai weet jy, by nabetragtig was dit 'n vreeslike klein ou gaatjie maar die bloed het manmoedig probeer om die hele petalje realisties te laat lyk. Dit was min bloed - as jy bloed skenk en hulle trek die naald uit bloei jy dalk meer.
Maar dit was daar! Dit het met so 'n wankelrige slakstrepie teen my knieg begin afbiggel, met heelwat moeite maar werklik toegewyd. Ek en sy sien dit op presies dieselfde oomblik. Almal vries, sy met haar arm omhoog vir 'n moontlike vyfde hou, ek op die bed met dieselfde soort uitdrukking wat babahondjies kry as hulle kak aangejaag het en uitgevang word.
"O hel!" skree sy.
"Hier is my kans nou!" blits dit deur my brein.
En ek gryp my knieg vas, begin huil op wilskrag alleen en begin op die bed rondrol. Sokkerklubs wat dit moes sien sou my baie geld betaal het om dramaklasse vir hulle spelers aan te bied. Ongelukkig was daar nie enige sokkerklubs byderhand nie so 'n gulde geleentheid om ryk te word is daarmee heen.
Hoe meer ek rondrol en huil en doodseker maak ek kry van daai bietjie bloed op my hande sodat ek dit ongesiens op soveel as moontlik plekke kan smeer - vir effek natuurlik - hoe jammerder word Ma dat sy my so ernstig beseer het. Ek verstaan sederdien baie goed wat sokkerspelers besig is om te doen, al spot ek hulle. Ek kan - hulle weet tog nie van my eie stukkie puik toneelspel nie.
Ek het vir dae kruppel geloop. Maar net as ek my ma gesien het. Sodat sy eerstehands kon gadeslaan hoe seer ek het. En hoe ek sukkel. Dan maak sy maar lekkergoedjies om te kou omdat sy haar bloedjie (lummel?) soveel skade aangedoen het. Netnou loop die arme kind nooit weer normaal nie!
Skuus Moeder.
Heeltemal op 'n ander noot. Ek hoor gister 'n baie interessante feit oor krokodille. Blykbaar beskik hulle oor dieselfde vermoë as akkedisse om hulle sterte af te gooi as iets hulle lewens in gevaar stel en hulle vang skrik.
Die enigste verskil is dat absoluut niks 'n krokodil skrikmaak nie.
Riaan Coetzee
Kopiereg
3 Julie 2020

Comments