Dag 49 van die grendelstaat

Uiteindelik praat Oom Cyril weer met ons. Dit het net 20 dae geneem om vir hom weer te oortuig, en die keer sonder 'n masker.
Hy was weer laat maar die keer was ons ten minste reg vir hom! Ons het eers half 9 gebraai want ons weet mos wat gaan gebeur. Toe ons klaar skottelgoed gewas het was hy ook sommer gereed vir ons.
Groot woorde. Daar was tye wat hulle nie aan ons verwagtinge voldoen het nie. Daar was onduidelikhede, swak uiteensettingings. Dit het woede en frustrasie ontlok. Dit het soms lank geneem om te interpreteer. Toepassing was nie konsekwent nie en soms (gereeld?) baie hard.
Ja ons weet oom Cyril. Ons maak memes EN liedjies daaroor.
Maar ons ken die resep darem ook nou al. Oom Cyril vat ons uit vir 'n aand by 'n goeie restaurant om ons goed te laat voel. Dae later het ons 'n afspraak met die res van die bevelstruktuur.
En hulle bring die oorgrootte vibrators en beveel ons, met 'n glimlag, om te buk...
Die beplanning is glo sterk aan om teen einde Mei af te skaal na vlak 3 toe. Of is dit vlak 4C? Ons is egter nie seker watter jaar nie. Dit mag ook dalk nie oral wees nie. Dalk net plek-plek soos 'n verkeerde weervoorspelling.
Ons weet teen die tyd dat ons eers moet wag vir Antie Zuma om met ons te praat om die werklike wet vir ons neer te lê. Eers dan sal ons dalk regtig weet wat aangaan, dink ons. Dink sy ook. En dink oom Cyril. Niemand weet wat Oom Cele weet nie. Of dink nie. Nie eers hyself nie.
Ons weet darem vir 'n feit ons moet maar aanhou pynappels koop want die antwoord op die belangrikste vraag van alles bly uitstaande - wanneer maak fokken Tops oop???
So ons wag maar dat onse matriarg die finale woord spreek. Want as die baas weg is is die grootbaas baas.
Daar is darem altyd zol. En spoeg op die zolpapier.
Hoe weet jy as iemand nou regtig 'n grendelstaat rebel is? Hy dra t-hemde met kort moue en plakkies, hy rook enige iets wat voorkom en hy het drank. Ons vra nie waar hy dit gekry het nie. Ons salueer net.
Riaan Coetzee
Kopiereg
13 Mei 2020

Comments

Popular posts from this blog

Dag 48 van die grendelstaat

Die Regte Rooikappie En Die Wolf