Dag 95 van die grendelstaat
Die betowerende effek van die Afrika bos.
Dinge wat jou gemoed oorweldig, sleur jou mee. Dit gryp jou emosies en sleep dit saam in positiewe of negatiewe rigtings. Corona is 'n toepaslike voorbeeld. Dit het soveel mense betower dat dit feitlik al is waaroor hulle praat. Vrees is 'n liederlike slang wat met jou siel loop en mors en jou menswees verstrengel in sy gespierde konkels. Die Covid vrees is 'n vernietiger, op die lang duur waarskynlik baie groter as die virus self.
Die bos se betowering weer is 100% positief. Die enigste bekommernis is dat jy weet jy moet weer terugkeer na die stad se geharwar en geraas toe.
Die soms dawerende stilte. Die eentonige gesing van sonbesies. Die gekwetter van blou-apies. Die pragtige trillende geroep van 'n naguiltjie. Die diep bariton van Koning Leeu. Die onvergeetlike, half hartseer roep van 'n visarend.
Die huil-lag van 'n hiëna. Die opgewonde twiet geluide van wildehonde wat mekaar groet. Olifante wat trompetter. Seekoeie wat met wyd oopgerekte spelonk kake vir mekaar die dag se nuus uitdonder. Die grootbaas mannetjies van 'n bobbejaantrop wat luid waarskublaf. Jakkalse se weeklaag.
Dan is daar ook nog die wonderlike reeks reuke wat so tipies aan die bosveld is. Reuke wat jou altyd bybly en elke keer as jy in die bos kom jou weer soos ou vriende omhels.
Die springmielie reuk van 'n luiperd wat sy gebied merk. Die aardse reuk van vars olifantmis. Die onmisbare aartappel reuk van die aartappelbos, een van die bosveld se bekendste geure. Die aardse, nat reuk van reën wat op die dorre aarde val.
Ons maak gereeld vuur by ons huise. Braai is mos maar deel van Suid Afrikaans wees. Maar 'n vuurtjie in die bosveld is eenvoudig uniek. Die geknetter van die vlamme, die helder hart wat gloei soos besete oë, die rook reuk. Ek kan vir ure net sit en myself verloor in dit. Sit staar in die warm vlamme wat my lyf laat voel of hy gloei. Jy kan jouself verbeel jy lees jou toekoms in 'n bosveld vuurtjie.
Die sterre neem 'n totaal ander betekenis aan as jy in die bos is. Die helderheid en oorvloed van 'n hemelruim wat lyk of dit gevul is met 'n liggie kombers wat jou saggies toetrek en jou siel rustig maak.
Die bos, die Afrika bos, is 'n betowerende passie wat in jou murg loop lê. Hy verkwik jou siel. Hy lawe jou hartseer, jou verlange, jou drang om rustig te word. Hy is 'n minnaar wat jou hart aanhou steel. Oor en oor. Hy word deel van jou menswees, soos asem.
"When you have aquired a taste for the dust,
And the scent of our first rain,
You're hooked for life on Africa,
And you'll not be right again.
Until you can watch the setting moon,
And hear the jackals bark,
And know they are around you,
Waiting in the dark.
And the scent of our first rain,
You're hooked for life on Africa,
And you'll not be right again.
Until you can watch the setting moon,
And hear the jackals bark,
And know they are around you,
Waiting in the dark.
When you long to see the elephants,
Or hear the coucal's song,
When the moonrise sets your blood on fire,
Then you've been away too long.
It is time to cut the traces loose,
And let your heart go free,
Beyond that far horison,
Where your spirit yearns to be.
Or hear the coucal's song,
When the moonrise sets your blood on fire,
Then you've been away too long.
It is time to cut the traces loose,
And let your heart go free,
Beyond that far horison,
Where your spirit yearns to be.
Africa is waiting - come!
Since you have touched the open sky
And learned to love the rustling grass
And the wild fish eagle's cry.
You'll always hunger for the bush;
For the lion's rasping roar,
To camp at last beneath the stars,
And to be at peace once more."
- author unknown
Since you have touched the open sky
And learned to love the rustling grass
And the wild fish eagle's cry.
You'll always hunger for the bush;
For the lion's rasping roar,
To camp at last beneath the stars,
And to be at peace once more."
- author unknown
Riaan Coetzee
Kopiereg
4 Julie 2020
Kopiereg
4 Julie 2020
Comments