Posts

Dag 118 van die grendelstaat

Image
Baie jare gelede neem ek deel aan 'n vlotresies op die Vaalrivier. Ek kan nie eers onthou of ons gewen het nie - ek dink amper so. Of wat die wenprys was nie. Ek dink ons het die prys vir die mooiste vlot gewen. Maar dit is kleingeld daai - die storie gaan oor die resies en wat alles daar gebeur het. So begin ek en ou Gert en die ander manne in ons span al 'n geruime tyd voor die beplande datum ons vlot aanmekaarslaan. Daar gaan groot beplanning in, dinge word gemeet en weer gemeet en oor vele biere bespreek. Die raam word baie noukeuring aanmekaargeslaan om voorsiening te maak vir 'n braaier aan die een kant en 'n groot koelerboks aan die ander kant, want vlotresies maak jou moeg, dors en honger. Die vlot word netjies geverf, daar word met verskillende groot dromme ge-eksperimenteer om te bepaal wat gaan die beste resultate lewer. Uiteindelik besluit ons op plastiek want die vlot is reeds aan die gewigtige kant en ons het nog nie eers die dakkie op nie! Of die bier! Pl

Dag 117 van die grendelstaat

Image
Dag 117 van die grendelstaat Dis net voor middernag. Dis doodstil. En ek het 'n kriek in my kamer. Ek sukkel om my brein afgeskakel te kry. Mens neem soveel in deur die dag, bo-en-behalwe werk verbonde inligting. Hier word gebrand, daar word vermoor, hier word gelieg, daar word gesteel, hier is mense wat jy ken, familie, siek met Covid, daar veg iemand vir oorlewing want inkomste is min tot niks. Liewe magtag, 2020 is regtig die prostaat ondersoek jaar maar die KY is klaar.  Dis harde werk om al die goed lank genoeg eenkant toe te skuif sodat jy immers net 'n kans staan op ongeveer 5 ure se ononderbroke slaap. Doer aan die begin van die inkerkering was die stadstilte oorverdowend. Stadsmense is 'n permanente agtergrond kakofonie van geraas gewoond. Dis die agtergrondmusiek in die Jazz kroeg wat ons 'n stad noem. Daarsonder voel jy effe ontuis, alhoewel dit ook lekker is. Dis net so vreemd. Ons het dit net begin gewoond raak toe hef die regering die aandklokreël op en sk

Dag 116 van die grendelstaat

Wat gaan die langtermyn impak van ons maskers en sosiale afstandhouding op ons wees? Is ons besig om gewoond te raak daaraan om nie ons gunsteling mense gereeld te sien nie? Is ons besig om gewoond te raak aan die gebrek aan sosiale interaksie op persoonlike vlakke? Of is dit stadig maar seker besig om 'n belangrike deel van menswees te versmoor, en wat gaan die prys wees wat ons daarvoor betaal? Dis die gedagtes wat in my kop rondflenter. Mense is van nature kudde diere. Verseker is daar diegene onder ons wat hulle eie geselskap verkies, ek self is baie lief daarvoor. Maar selfs die mees afgesonderde mense het ook nodig om met ander mense te konnekteer, interaksies te hê, aanraking te kry, sommer net mense vir wie jy lief is se gesigte en glimlagte voor jou te sien, hulle te kan druk as jy wil. Hierdie tipe aanrakings, persoonlike konneksies, interaksies is myns insiens uiters nodig vir balans in jouself. En al wat ons al vir 4 maande lank doen is kommunikeer met elektronika. Ons

Dag 115 van die grendelstaat

Ek is gereeld dankbaar dat ek vandag nog springlewendig en gesond is. En dit het niks met die virus uit te waai nie, alhoewel ek in daardie opsig ook dankbaar is vir gesondheid. Nee, dit het eerder te make met die hoeveelheid ongelooflike dom dinge wat ek al in my lewe aangevang het. Wragtag weet, dis slegs met 'n geweldige intensiewe poging deur my spirituele dier - Leila die beer, die geluksgodin en haar hele uitgebreide familie en 'n hele leërskare oorwerkte beskermingsengele dat ek vandag daaroor kan skryf en vir myself lag kry. Dekades gelede ry ek die dag rond in 'n Ford met 'n witwakswarm 3 liter V6 enjin. Letterlik net besig om gat te skuur. Ek eindig in Mountain View op, 'n voorstad wat teen die hange van die Magaliesberg gevestig is. Wat beteken dis opdraande een rigting en afdraande anderkant toe. Ek grom-grom stadig tot heelbo met die een straat en draai om dat die neus Suid wys, en die drie blokke tot onder lê afdraande voor my. Daar is twee strate wat

Dag 114 van die grendelstaat

Ek kla die grendelstaat maak my gek, maar eintlik is ek al lank nie lekker nie. Ek is in die gewoonte om, sodra ek by die huis instap, my broek te laat waai en in 'n onderbroek en t-hemp rond te loop. Ek weerhou myself darem daarvan as daar kuiermense is net ingeval jy nou wonder. Of meeste van die tyd in elk geval. So kom kuier daar toe 'n sekere rooikop een goeie dag sodat ons kan braai en wyn drink. Sy gee my 'n gemiste oproep om te laat weet ek kan maar kom oopsluit. Ek los waarmee ek besig is en storm die trappe uit hek se rigting toe en maak die parkeerarea se hek oop dat sy binne kan parkeer. Soos wat sy uitklim staan ek agter haar bakkie en wag sodat ons saam kan instap. Vrouens klim mos nie net uit as hulle gestop het nie. Alles moet eers nadergehark word, die inhoud van die handsak moet finaal goedgekeur word, klere word reggetrek, en die truspieël word nekaf geruk sodat hulle vir 'n laaste keer kan loer of die lippies net reg geverf en die maskara perfek is.

Dag 113 van die grendelstaat

Oom Cyril wil alweer met ons praat. Ek smeer solank my gat vet. Ek stel voor julle doen ook. As die president deesdae met ons praat is dit gewaarborg dat ons die skuld vir iets gaan kry. Dalk is ons gelukkig en dis net vir 'n virus wat nie onder beheer kan gekry word nie. Die feit dat die regering nie in staat is om 'n duikkompetisie vir 'n graad een klassie te reël nie is nie ter sprake nie. Ons vat net ons pak en maak gereed om nog voorregte op te gee. Buks, staan haaks, soos Ou Paal altyd uitgeroep het toe ek in die hoërkskool was en ons nie huiwerk gedoen het nie. In tipiese robuuste Suid Afrikaanse maniere om vrees en spanning te verwerk, doen ons intussen weddenskappe op sosiale media oor wat dit sal wees. Geen groente? Geen vrugte? Geen seks? Geen Netflix? Geen internet? Geen poep in openbare plekke net ingeval hulle waarnemings oor die virus se verspreidingspotensiaal 'n strontstorie was? Die spanning loop hoog. Ons weet reeds dat hy niks sal noem oo

Dag 112 van die grendelstaat

Image
Vandag het ek in stille bewondering gestaan vir die restaurant- en verwante bedrywe, wat nieteenstaande die feit dat die regering hulle beplande landwsye protesaksie vir vandag onwettig verklaar het, tog voortgegaan het daarmee. In hordes stede en dorpe het werkgewers en werknemers in hierdie bedrywe skouer teen skouer opgestaan en vreedsaam geprotesteer teen al die verlore werke, verlore besighede, verlore inkomstes, verlore drome en die feit d at hulle effektief verhoed word om inkomste te verdien. Tafels is uitgepak op sypaadjies en in strate, plakkate is rondgeswaai, en mense het opgestaan om te begin veg vir hulle inkomstes. Vir hulle gesinne. Vir hulle selftrots. En ja, vir hulle drome! Want werk moet ons werk. Ongeag wat 'n minister met 'n oudmodiese hoed wil voorskryf. Niemand kan oorleef met geen inkomste nie. Ons ekonomie is reeds in sy dinges. Ons kan nie bekostig om hom verder onder die water te hou nie. Dit is verby die virus, dis suiwer oorlewing. Soos dit s